Baie Dankie Zettie. Ek sou nooit in my lewe by die deel van die Forum uit gekom het nie.
Ek is splinternuut op Moomies. Het nog nooit regtig die vrymoedigheid gehad om te join of te skryf nie..
Ek en my man het die maand begin met Fertomid 50mg (nie hy nie) Ek is tans bitter op my senuwees, so bang ek doen dit nie reg nie. Ons het eers die begin van die jaar regtig begin probeer vir 'n babatjie. Ek het twee jaar terug 'n miskraam gehad, baie vroeg 8 weke daar was nie 'n hartkloppie nie. Dit het my 'n rukkie gevat om weer half mens te voel, en om weer te probeer. Mens voel mos maar altyd asof dit jou skuld is...
My Dr het my vir klomp toetse gestuur, alles aan my kant is reg, my man was ook vir 'n Sperm Analise, sy toets resultate het my bietjie bekommerd gehad, die dr het gese dat ons bietjie sal sukkel. Sy tellings was 100, maar die sperms wat wel volgroeid was, was bietjie min.
Ek moet eerlik waar se, ek drink my Fertomid sommer in die aand, dieselfde tyd. En ek het geen newe efekkte nie, behalwe dat ek vandag so effense steek pyn begin kry het in my linkerkant. Dalk is dit 'n teken dat ek binnekort gaan begin ovuleer.
My laaste tyd was 18 Junie. My siklus is gewoonlik so 30 dae, maar die laaste een was 34 dae, was bietjie onder druk.
As enige mamma vir my raad het, en wil graag begin "Chart" net om te kyk of ek nie self my ovulasie meer kan pin point nie.
Sterkte vir al die mammas daar buite, wat probeer.
Liefde
Lalie