Goeie More Dames,
Cisca,
Sjoe maar die tyd het omtrentgevlieg!

Ek is sooo super excited vir jou, en bly jy het kom inloer. Jy moet jou kraam verlof sommer terdeu geniet!
Ek is nou maar 10weke 2dae.
Zarah,
Sjoe

daai kostes vir die akupancture klink vir my ook bietjie woes. Ek sou se doen eers die op en dan vra jy vir DH wat hy dink van die acupuncture en vertel hom dan van die sukses wat dit het.
Jooste.

daai 5 follies klink vir my baie goed. Ek se sommer nou vir jou gebedjie op.
Ek is baie optimisties vir jou die siklus, en vertrou saam met julle dat dit gaan werk!
Sterkte met die res van jou meds en FS afsprake.
Charlenem,
Sterkte vir julle ook met die acupuncture! Ek hoop julle word ook sommer vinnig geseen met 'n BFP!
Strikkie,
Jammer dat hulle jou so kurnuffel het met die bloods. Hoop dit is minder pynvol met jou CD2 bloods. Sterkte vir die afsprake, en ek hoop julle kry antwoorde!
Zettie,
Jammer om te hoor daai MS is besig om jou ongerief te veroorsaak, maar soos jy se, dit is die enigste keer in mens se lewe waar jy opgewonde raak wanneer jy opgooi! hoop dit waai sommer gou oor.
halloooo aan al die ander dames.
Waar is Klippie? En Hexy? en Blommie? ons mis julle vreeslik baie.
Ek hoop dit gaan goed met julle pragtige dames.
AFM,
Ek vlieg more afkaap toe om my huis daai kant te gaan op pak!
Verder gaan dit baie goed. Ek sien baie uit om bietjie by my ouers te gaan kuier. sal die eerste keer wees wat ons hulle sien vandat ons ons BFP gekry het!
Ek is wel bietjie bekommerd oor hoe ek alles gedoen gaan kry aangesien ek nie eintlik goed nou kan rondskuif nie! Sal maar vinnig moet leer om te delegeer!
Hoop almal het 'n stunning daggie verder!