× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 weeks ago #112722 by Ansa_S
Hallo al die nuwes en ou vriendinne wat nou hier is,

Dit gaan maar dol so die eerste dag terug by die skool, deel heeldag vraestelle uit en preek vir die kids oor hul swak punte, my keel is sommer al seer!

Beertjie ons baba se hartklop op 10 weke en 1 dag was 164bpm en is al 33.6 mm!

Ek kyk elke dag na die dvd, want dit is te dierbaar, ginekoloog het op 'n stadium vir my gese ek moet bietjie hoes, en baba het niks daarvan gehou nie, het somme die ruggie so regtuit getrek so 2 keer, kompleet gelyk of baba hom/haar vererg vir die gehoes!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112715 by TaNasha
Jooste is dit jou eerste afspraak by n FS?

Ek het dit baie gerustellend gevind, ek het toe presies geweet wat hulle beplan om te doen om ons te help.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112714 by Slakkie
Nee wat Jooste moet NOOIT daai afspraak kanselleer nie vra vir enige een van ons wat al by 'n FS was dis die beste besluit ooit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112711 by sexy~hexy
Hi Slakkie en Klippie en TaNash :)

Jip Slakkie - better late than never...as jy nog nie +OPK gekry het nie, en dit word donkerder, moet jy dalk nog O so werk daardie BD in!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112706 by joo~ste
More almal!
Sjoe...hier is baie nuwe name.
Liz...Jodon....hallo julle! Liz, ek hoop jy raak sommer blitsvinnig swanger en dat alles seepglad verloop!
Beertjie: Ag nee...alweer 'n afskeiding. Voel jy darem andersins okay? Niks krampe en so nie? Ek glo jou scan sal weer wys dat alles normaal en reg is.
Klippie: Ek is nuuskierig om te hoor van jou vakansie. Ek kan net dink dat dit absoluut verruklik was!!

AFM: Het 'n heerlike naweek gehad en lekker ontspan. Nou is ek egter besig om so effens op my senuwees te raak vir Woensdag se FS besoek. Ek het sopas bevestig en nou is dit vir wag en hoor wat die man te se het. Ek het amper-amper vanoggend sommer die afspraak gekanseleer....my moed het my amper begewe. Ek is regtig skrikkerig vir wat dalk alles mag voorle.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112702 by Slakkie
dink julle as ons vannaand nog begin met die marathon ons is nog betyds vir die maand?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112701 by TaNasha
Hallo almal!

Hoop almal het n lekker naweek gehad?

Ek het uiteindelik hierdie maand geovuleer! Hoera! Hoplik oor 10 dae kry ek my BFP!

Ek is vandag besig by die werk, so het nie baie tyd om teh chat nie :-( sal later vanmiddag kom inloer...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account