× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 month ago #102792 by Lia
O, verseker is ek van plan om te borsvoed, maar mens wil maar voorbereid wees vir wanneer dit dalk nie moontlik is nie. Ons wil ook baba een voeding per dag met bottel gee (moedersmelk natuurlik) sodat baba gewoond raak aan bottel ook. Maar dis maar die idee vir nou, sal maar sien hoe werk dit regtig.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102789 by Lia
Ek het nou net uitgevind my medies smelt saam met Sizwe en erger as dit ons moet oorgaan op hulle planne en nog erger as dit, hulle het nie 'n maternity program nie. Hulle wag egter nog vir die registrateur om dit goed gekeur en verwag dit so die 01ste Oktober, so ek gaan maar probeer om in tussen by my medies op die maternity program te registreer.

Dis seker nie die einde van die wereld nie, maar dit maak my vies, want ek weet nie of ons nou sal kan skuif sonder 'n wagperiode by nuwe medies nie en as ons bly, weet ek nie of hulle alles sal dek nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102787 by G Baby
Koop maar net een bottel op 'n slag en kyk wat werk. bottels is nogal duur. Hoop julle probeer darem borsvoed ook,want dit so die moeite werd! Zelri en Riko het nou al albei verkoue en maagvirus gehad en de nys kom niks oor nie nie eens hoesie of proesie nie. Terwyl ek geborsvoed het het my kinders nooit siek geword nie en dis so aaklig as klein babatjies siek word. As hulle neusies toe is,kan hulle nie drink nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102782 by Lia
Ugh julle, as mens so daaraan dink is dit nie lekker om baba stuff te koop nie, want vir party babas werk sekere bottels en doeke, vir ander werk weer iets anders en mens is so bang jy koop iets wat baba nie gebruik nie.

Morgs gebruik Nuk bottels, maar sy se Carli wil niks weet van die Nuk dummies nie. Kan mens nie 'n tester eers kry en dan koop as jy uitgefigure het wat werk nie. Ek dink ek moet so besigheid begin of iets.

Hi G, bly dit gaan goed met julle en dankie vir die advies, ek het agtergekom hoe meer ek eet, hoe minder naar is ek.

Klippie, het jy dan nie die toppie aangepas nie, as dit jou pas dra hom, wie gaan weet ?

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102771 by Ansa_S
Ja my vriendin het gese sy het NUK gekoop maar die tiete skeur en melk kom nie lekker uit nie, toe het sy die dr Browns bottels gekoop omdat sussie so krampe gehad het!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102768 by sexy~hexy
G...ek dink ook Tommee is spesifiek vir mammas wat borsvoed en bottel gee...dis hoe ek dit opgesom het en al gelees het van.

Maar so probeer mens maar tot jy kry wat vir jou werk :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102767 by G Baby
Oor die bottels,die volgende was my ondervinding met die drie kiddies....
Nuk bottel-het glad nie gewerk nie,dit het hulle 'n ewigheid gevat om die melk te drink. Nuk dummy wel baie oulik en dis al wat myne gesuig het.

Avent-baie lekker bottels,veral as mens na die nr 2 of 3 tiete toe gaan,hulle drink hulle melk in 'n japtrap klaar. Het dit gebruik en het regtig baie goed gewerk.

Tomy tipee-gebruik ek nou saam avent met de Nys,baie lekker boteels,ook verskillende tiete vir vinniger drink soos hulle groter word. Baie na aan die bors en hulle drink dit gemaklik al borsvoed jy en is nogsteeds net so lief vir mamma se bors al gee jy so nou en dan bottel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account