More julle almal.
Sien die fairies sukkel bietjie met naarheid,sterkte,dit waai darem gewoonlik oor hier by 12 weke en baie keer is mens darem nie elke dag naar nie. Ek was met my dogtertjie baie baie naar,maar nie met my seuntjies nie. Mens moet maar probeer om jou maag half vollerig te hou,sout koekies of so iets,dit help nogal. Die pilletjies vomfene help ook bietjie.
bly dit gaan goed met al julle pregant fairies!
by ons gaan dit goed,, de nys het vandag weer inenting gehad,hy het nie baie gehuil die keer nie,en hy weeg 6.5kg.
Kan nie glo hy is volgende week al 3 maande nie,hy was en is regtig droom baba en is so maklik,ek is regtig geseen met hom. Met my ander twee gaan dit ook goed,so bietjie snotterig,maar niks ernstig,maar doie blommetjies en stof. Ons het die maand vreeslik baie kinder partytjies,om die waarheid te s?,2 al gehad en daar l? nog 3 voor. mens kan sien dit was lekker desember vakansie toe al die september babas gemaak is.....
Kan nie wag,tel ook al die dae af,oor minder as 'n maand gaan ons balito toe vir 10 dae,ek is net so opgewonde soos kinders.
lekker dag vir julle.