Hey Dames,
Hoe gaan dit?
Ek is nie op goeie plek op die oomblik nie. Ek is vreeslik depressed die laaste paar dae. Ek kan nie ophou met huil nie.

En ek is nie net huilerig nie, ek raak vir die geringste goed uitermatig kwaad.
Blommie,
Oor jou vraag. Ek temp al van die begin van my TTC journey, Augustus 2010.
Hexy,
Ek hoop jou PUPO raak PPUC, Pressumed Pregnant Until Confirmed!
Blommie,
ek hoop daai is alles goeie tekens van jou liggaam se kant af en dat jy jou BFP kry.
Zara,
Sterkte met die temping. Ek sit my koorspen bo-op my Selfoon/wekker, so wanneer ek my wekker af sit het ek sommer my koorspen in die hand, dan vergeet ek nie.
Jooste,
Geniet daai wyntjie en koffie.
AFM,
Behalwe dat ek in so goor bui is die laaste tyd...
Die spotting het opgehou hier oor die naweek. En ek het besluit ek gaan nie verder aangaan met die meds nie, as dit nie die siklus werk nie, gaan ek eers breek vat, want emosioneel is ek nie op 'n goeie plek nie. ek le en huil myself aan die slaap vir geen spesifieke rede nie. NEE, wag, ek weet hoekom ek myself aan die slaap huil. Dit is omdat ek baba wil he, en die blerrie pille werk nie, dit is al amper 2 jaar, en NIKS! Ek moet eers myself weer reg kry.
Ek hoop dit gaan goed met julle almal en dat julle 'n wonderlikke daggie het!