More almal
Hoe gaan dit vanmore? Hoe was julle naweek? Ons s'n was lekker rustig...DH was weer vir 'n slag by die huis...so net lekker gechillax
Zarah...het jy toe jou koorspen gekry met die twee digitals? Onthou, die beste is om te begin temp van cd1 af...sodat jy kan sien hoe jou temps aan die begin van jou siklus is en verander hoe verder jy in jou siklus ingaan....
Die wat nog nie op ons BB Moomie groepie is nie - veral die nuwelinge - inbox my julle BBM pin indien julle een het...ons gesels 'n hond uit 'n bos daar
Nie veel nuus aan my kant nie...cd25 vandag en 8DPO (alhoewel ticker 9DPO wys), ek het mos eers cd17 +OPK gekry. Het vanoggend omtrent daardie naar-hoes gehad, maar ek gooi nie op nie. DH vra later wat maak my so naar, maar dis net reuke ens..."Simptome" sover - daai "heavy" gevoel by eierstokke/baarmoeder, AF tipe pyn, lae rugpyn en dan die naar-hoes...boobs glad nie seer nie...so sal maar sien wat gebeur. AF moet so die naweek se kant opdaag...maar ek is PUPO - pregnant until proven otherwise
Lekker daggie vir almal....darem net 4 daggies van werk