Goeie Naand Dames,
Jammer ek was MIA vir die laaste ruk, maar ek het die lang pad terug gevat kaap toe om trou koek te kom doen vir die naweek, Ek is gladnie opgewonde oor die koek nie, hou nie self van haar keuses in kleur en tema nie, is bietjie te besig na my sin, maar soos hulle se, ek is net dier om opdragte uit te voer, Die bruid is die bruid. Sal foto's kom post as dit klaar is.
Okay,
Lynkie,
ek is jammer dat die FS en daai sist jou siklus geboikot het.
Ek hoop dit klaar gou op en dat jy kan aangaan met jou IVF! Sterkte.
Jooste,
Ek is gereelde deurloper van blaasinfeksies en sulke dinge, Maar nou van alle tye!!! Ek dink so baie aan jou. Maar dink net hoe lekker gaan ons almal lag as jy die siklus jou BFP kry.
Strikkie,
Bly jy kon afspraak kry by FS. En wie weet miskien gaan besoek jy hom net om te hoor jy is reeds swanger!
Hopeful,
Sterkte met jou afspraak more! Weet sommer dit gaan goed gaan en dat julle dan sommer gou julle baba'tjie sal he in julle arms!
OOOOH en Vroumens Jy beter jou vakansie sommer baie geniet. Hou jou man styf vas, kyk diep in sy oe en raak sommer van voor af verlief!
AFM in my siklus,
Ek was toe vir bloods Gister. En aangesien ek dit nie toe al van die toppe af geskree het en kom post het nie is ek seker almal kan raai dit was BFN. Vanoggend het die feeks gepitch,

So het vanoggend baie broos en ongelukkig gevoel.
Elke maand raak net moeiliker en seerder. En die maand was net te veel. Die was ons laaste kans vir 2012 baba. Ek voel ekstra mismoedig die maand. Ek het ook nie nou die geld om op nog 'n siklus Femara te gaan nie, want ons moet die maand ons huur in Pta en ons huur/verband in Wellington betaal! Ons het net mooi niks ekstra cash nie. So ek het gesit en tjank daaroor ook, want dit beteken ek is waarskynlik die siklus ook uit. DH se hy dink ons moet dalk 'n breek vat en net weer onself regroup. Maar ek weet nie meer nie. Ek is net so fedup met failure!
Elk geval laat ek julle nou nie heel aand ophou met my gesanik nie.
Lekker aandjie en sterkte vir julle almal!