Hi julle
Ek log gou in om julle te update.
So Donderdag scan gehad, baie opgewonde geraak om hartklop te sien, winkels ingevaar en 1ste iets vir baba gekoop, oppad huis toe iets gevoel, by huis gecheck, helderrooi bloed, dr Pentz gebel, hy vermoed baarmoeder was dalk bros en scan het dit veroorsaak, Vrydag oggend bloed bruin geword, maar daar kom stukkies uit, sien dr 12h45, hy sit ding in my in en grou rond en se dat dit definitief van binne is, dus dreigende miskraam, doen weer scan, daar is nog hartklop, naweek gekanseleer, plat in bed, drink 6 Utrogestan pille 'n dag teenoor normaalweg 2.
Wel, ek is bly om te bevestig dat alhoewel dit 'n benoude oomblik vir ons weg, het ek vandag heeldag geen bloed afskeiding gehad nie en gaan more weer terug werk toe, moet myself net rustig gedra.
Lyf is seer gele, kop voel stupid, pille maak my naar en laat my slaap, maar alles is die moeite werd. Ons het 7 weke gemaak tot dusver !! Whoohooooooo
Julle moet 'n great week he, jammer ek kon nie opvang nie.