More more girls,
Ek is bly om te report, ons God is Groot !!
Ek is nogsteeds ok op die oomblik en ek glo en vertrou baba is ook ok. Goeie aarde ek dink nie ek het al in my lewe so baie gebid nie. As ek iets voel dan hol ek toilet toe en bid dat daar niks sal wees nie, as daar is, bid ek dat dit sal weggaan en as daar nie is nie, bid ek net dankie dankie dankie. Ek is so verlig en glo nou meer as ooit dat dr. Pentz op ons pad gesit is vir rede. Met my vorige miskraam het gynie my op 1 Utrogestan 'n dag gesit, hy het my sommer op 6 'n dag gesit en lyk my dit saam met God se genade het gewerk.
Ek nou steeds dag vir dag met meer geloof. My man wil steeds niemand vertel nie, ek moes noodgedwonge my suster wat die naweek saam my gebly het vertel en hy haar tot doodse stilte gesweer. So dit was regtig 'n seen om soveel ondersteuninge sms'e van julle af te gekry het. Julle is great mense !!
En my baas is ook darem ok hierme.