More almal,
Jooste dit is nou natuurlik glad nie so as jy dit deur die staat doen nie en dis hoekom ons privaat gaan. Met privaat weet ek ook daar is iemand wat die bio ma counsil voor die teid om die risiku te verminder dat hulle van plan verander op nommer 99. Daar is nogsteeds daai risiku maar dit is baie minder. Dit maak my ook beter voel om te weet die Bio mamma het eimand wat haar help en sy gaan darem nie stok siel alleen hier duur nie. Maak nie saak wat die wat die omstandigede was/is van haar swangerskap nie dit wat sy doen is ongelooflik en mens will he hulle moet goed na gekyk word.
Ek weet nie of ek vertell het nie maar ons moet die Bio mamma se mediese kostes cover vir die laaste drie maande as ook die kraam ( in n privaat hospitaal en dit moet C-section om trauma te verminder ). Die kostes kan maklik loop na ZAR 50 000.00 nou dit is pritty much wat IVF ons sou kos ingesluit die travell kostes SA toe oor hulle dit nie hier doen nie ek en DH het groot geskrik maar geweet ons sal op n manier dit gedoen kry. My pa is n GP wat ook narkoose doen hier in Windoek en het toe ingestem dat hy en een van sy vernoote all hulle mediese dienste aan ons sal skenk

so all die voor onderskoeke, die actual kraam en die narkose vir die C-section. Die bestuurder van een van die privaat hospitale hier in Windhoek is ook huis vriende van my pa en hy gaan by hulle oor vir n verlaagte fooi vir die hospitaal

DH is maar nogsteeds skepties oor hy nie so baie van my pa af will vra nie maar tog in my hart hoop ek dat dit ons drasties sal help met die kostes.
Ons het ook besluit dat waneer ons terug kom van Frankreik af gaan ons begin om Baba goed bymekaar te maak wat super exciting is.
Jooste hoe voel jy hoop die neve efecte is nie te bad nie
Waar is almal in hulle cycle?
Okay nou het ek weer lank gepraat, hoop almal het n great daggie en Baby dust to all