More almal
Alweer Maandag

Ai....my naweke is regtig te kort...DH werk nou in sy naweke in...so dan het ekself ook nie veel van 'n naweek nie....eers oor so 3weke is hy weer uit sy naweke uit SUG
Hoe was julle naweek?
RUBY....BAIE BAIE geluk met die BFP

Laat weet ons wat se Dr P van jou opvolg bloods....soos ek gister gese het....laat hy als mooi vir jou verduidelik!!
Hoop almal het lekker "olie" sessies gehad die naweek
Was toe Saterdag by gynie...hy het inwendige sonar gedoen...hy se als lyk vir hom reg...wand is lekker dik en buise lyk skoon...so hy gaan nou maar 'n Lap doen...weer Clomid voorskryf en net die dosis meer maak.

Ek het mos verlede jaar die ontvangsdame gebel en gevra of dit nie meer gemaak kan word nie, toe hou sy haar mos slim.
So ek beplan om volgende Woensdag te gaan vir die Lap...hopelik begin AF more of Woensdag...so dan is ek volgende Woensdag klaar...en die week daarna behoort ek dan HOPELIK weer te OV....en dr het gese ek moet laat toets om te sien of ek OV op die Clomid....So ja, dis my PVA vir die volgende maand....Fxfxfx dat dit werk!!!
Wat is verder nuus by almal???
Lekker Maandag verder...gesels later weer!!!