Goeie middag elke pragtige vroutjie
Ek wil 1ste begin om ietsie te vra! Eintlik bietjie raad, jul het ook seker nou al agter gekom, ek hou regtig nie daarvan om oor myself te praat, ek wil eerder ondersteun - ek kry baie meer bevrediging daaruit. Maar wil jul asb vra het vrymoedigheid om met jul hier te bespreek.
Die meeste van jul ken my hele storie, alhoewel ek moet se ek dink ek vergeet my eie storie se "details"soms, wat nou nog van iemand anders sn

Goed ek en Dh het mos "onverklaarbare infertiliteit" en ek/ons het mos besluit om so paar maande net rustig te wees sonder enige fs enige medikasie ens. Maar soos jul almal weet, mens hoop mos maar altyd, hul se mos die maand net na mediese siklus word mens swanger ens, en ek en dh het ook laaste 3 maande regtig "effort" ingesit buiten nou die maand

! Het net vir "ingeval" maar afspraak by fs gemaak vir April.
okay okay wat ek wil se ek is so "sieklik" laaste 2jaar, voel gedurig of ek nie asem kry nie, kan nie eens meer my gereelde draf geniet nie. kom ons se my daaglikse kwaliteit lewe is baie ingeperk. Ek was al so baie dr toe, dan se hy dis net stres. Ek het nou maar gewoond geraak aan so voel, mos net stres. Nou my gp glo die stres en infertiliteit hou defn hand aan hand.
Januarie toe ek en dh van vakansie kom, gaan ek weer dr toe (hoe koors) bang vir malaria,want was in malaria gebied. Toe kom dit toevallig op dat ek so sukkel met "asem" ens, hy se hy seker ek het asma,het toets gedoen en wys asma. Ons omgewing het bygedra dat dit nou so erg is, ons bly nou amper 4 jaar hier en ek sukkel al 2 jaar.
Nou goed ekt toevallig voor die dr se uitspraak al 'n afspraak by internis gemaak kon net nie meer uithou nie, maar ook omdat ek HEELTEMAL gesond wil wees voor ons ivf doen.
Ek was vanoggend by hom, hy se: ek het verseker angs/stres. ekt klem gele op onverklaarbare inferitiliteit, hy het sommer daar en dan op sy rekenaar al die navorsing gelees. hoe angs/stres infertiliteit en ivf beinvloed.

Okay,, hy voel ek moet 'n psigiater gaan sien om daadwerklik aan angs te werk. Nou goed in my man se werk moet mens maar hare op jou tande he en mens het maar elke liewe dag met baie stres te doen. en ja ek weet ek het werklik baie "gestres" die laaste ruk.
Maar is daar enige een van jul wat bietjie kennis het????????????????????????????? kan dit werklik onverklaarbare inferitliteit se oorsprong wees of lei tot of wat ookal????? Ek het so hard probeer om die laaste 3 maande dinge rustiger te vat en te ontspan?????????????????????? wat dink jul asb. ek sal baie graag bietjie van jul van hoor.
Sjoe ons mense is maar ingewikkelde wesens!!!!
Sexy --- ai vriendin,,,, wel dink net as jy witbank toe trek sal fs net so (wat?? ongeveer 1-2 uurtjies van jou wees)!! wanneer hoor jul? Sexy wat het dr met vorige lap "gekry"???? jyt mos nie endo of iets nie ne???? So as lap nie "werklik" nodig is nie sal ek versker ook dalk eerder vir ivf gaan!! sterkte jong!!!!
O ja terwyl Hexy nou praat van medis, wil jul se ek doen ernstige "navorsing" laaste paar dae. Ekt op 1 forum afgekom waar die vrouens daadwerklik 'n poging maak sodat medies vir ivf moet betaal en klink my, hul se dit behoort binne die vlg 2 jaar te gebeur... SJOE dit sal baie mense nogal baie kan help ne! hoop die feite is reg!
Hi Snoekie --- sterkte met toets, maar nweek klink vir my ook goed! ai die wag. baie sterkte
Hallloooo Jooste"tjie: hoe gaan nog aan jou kant jong? jooste mag ek asb vra waar gaan jy ivf doen (AS DIT NODIG IS BYGESE)? watter fs kliniek?
Hopeful,,,, baie jammer oor die afspraak. Ag hoop die vlg maand se "admin goedjies" vlieg vir jou verby.
Nadsmei...... laat weet asb oor toetse???
Hi strikkie, blommie, ruby,Lynkie en al die ander dames!
Sjoe nou goed oor en uit hier van my laaaaaaang post se kant af.