Hallo dames,
Wel ek was vanoggend by die dokter...
Hy se die koord puls en plasenta is nog mooi sterk en gesond, maar die vrugwater raak nou bietjie min. As ek nie teen Dinsdag self in kraam gaan nie, gaan hy induksie doen. Ek sal Maandag aand inboek en dan dien hulle Dinsdag oggend induksie. Ek moet eerlik wees ek is bietjie bang vir die induksie en bid op die oomblik baie hard dat ek vanself in kraam sal gaan.
Verder het baba so bietjie gewig opgetel en weeg nou 3.672kg.
Die ander ding wat my dokter vandag genoem het oor die kastor olie wat ek graag met julle wil deel is dat dit kan ook maak dat baba se magie werk, so dan is daardie taai poefie, makonium in die vrugwater wat baba dan aspireer en dit is baie gevaarlik. So hy se watokal jy doen, bly weg van snaakse konkoksies drink of eet.
Lynkie, sterkte met die Provera en die wag vir AF. En dan is dit tyd vir die groot kanonne om uit gepluk te word en jou BFP te bring!!
Jooste,
Hoop dit gaan nog goed met jou... Wanneer sien ons weer boepie foto van jou af?
Hopeful,
Jy moet kom update oor hoe julle huisie vorder wat gebou word.
Hallo aan al die ander!
Hoop julle het 'n stunning dag en dat ek in kraam gaan vanself,

.