goeie More Dames...
Zarah,
Sterrkte Vriendin. Ek Bid dat alles mooi skoon en oop is en dat julle nou PVA kan vasstel en begin! Hou ons maar op hoogte met wat aangaan!
Debs,
Ek hoop jou siklus is mooi stabiel en dat Ov vas gestel kan word.
En ek hoop volgende maand is sommer jou maand!
Hopeful,
Jammer om te hoor jou karretjie is steeds stukkend. Ek hoop dit kan nou vinnig reg gestel word.
MMCC,
Ek hoop dinge raak rustiger by die werk vir jou!
Bly julle kon darm rustige naweek he.
Jooste,
Ek hoop dinge raak ook rustiger vir jou by die werk.
Hoe gaan dit met die boontjie, Wanneer sien jy weer die dokter? Ek is noggal saam met jou om weer in die volgende jaar swanger te raak. Ons wil vir sie res van die jaar probeer sonder enige meds. as dit teen Desember 2013 nognie gebeur het nie, sal ons weer begin met behandeling.
Sterkte vir julle met die Prettige besige skedule
AFM,
Steeds Swanger, Steeds opgeswel, en Steeeds ongeduldig van opgewondenheid.
En my ouers is terug in SA!!!! Jippeeee...
Hoop Julle het elkeen 'n geseende dag!