More Dames,
Lalie,
Ek het BAIE slegte ondervinding gehad met die Clomid. Buiten die emosionele wipplank waarop mens is het dit ook aaklige ander newe efekte. En dit het net mooi NIKS gedoen vir my nie hulle het my dose op gestoot tot op 150mg en ek het steeds nie gestim nie. My dokter het my toe oor gesit op Femara 5mg. Ek het baie goed daarop gestimuleer. Dit het nie die aaklige emosionele newe efekte nie, en ek het nie verder gewig opgetel soos op die Clomid nie, my gesig het ook nie meer soos die van 'n tiener gelyk nie. Die kanse vir meerlinge is ook baie minder op Femara, en hy lewer beter kwaliteit eiertjies. En hy rig nie so baie skade aan jou liggaam nie. Ek het op my derde rondte Femara swanger geraak. Ek glo in Femara. Die sleste ding is dit is BAIE duurder as Clomid. Jy betaal R700 vir 5 dag kurses, jy neem dit dieselfde as Clomid. Ek sou by jou dokter luister of hy met Femara werk, Indien nie, se jy eenvoudig net jy sal verkies om dadelik voort te gaan na IVF of IUI. Dit is jou keuse.
Hopeful,
Hallo my SKAT. Hoe gaan dit? Is jou motortjie al uit die teater en gesond?
Strikkie,
Het AF toe opgedaag?
Hallo aan al die ander Dames. Julle moet kom gesels. Ek mis al die nuus. Nie dat ek eintlik een is om te praat nie. Ek is ook maar lekker skaars die laaste tyd.
AFM,
Ek is STEEDS swanger!

is Woensdag offisieel 40 weke. En daar is nog geen teken van baba wat van plan is om te kom nie.
Ek het Vrydag ons Preggy fotos gaan haal. Ek sal nou paar laai. Hulle sukkel noggal om te laai.
Verder het ek nie klagtes nie, ek raaknou net bietjie ongeduldig om die klein mensie te ontmoet.
My ma het ook nou net vir my gebel. Hulle is nou al op Heathrow lughawe. Hulle is more oggend terug in SA.

Ek verlang vreeslik na hulle.
Hoop almal het 'n wonderlike dag en week wat voorle.