More almal!
Julle kan darem lekker chat!! Bladsye en bladsye vol!!!
Klippie:
Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.
Wat my spaarplanne betref, gaan dit sover nog goed. So...as daar niks onvoorsiens gebeur nie, sal ons Febr IVF doen. Ons is klaar op die FS se lys vir IVF vir daardie maand, so dit is reeds bespreek. Nou is dit net vir geld spaar en koppe en lywe regkry vir die gedoente.
Feetjie:
Ek het regtig besluit dat dit vir my 'n teken gaan wees as die ander 2 dames swanger raak (op die ander forum) wat nou gaan IUI doen middel Okt. As net EEN van hulle swanger word, sal ons 'n IUI doen voor Febr. Ek is so jammer dat jy ook al deur so baie moes wees. Mens sal seker nooit weet waarom jou eerste FS so besluit het nie, maar dalk het hy geglo dit sal werk.
Ruby:
Geluk met jou man se swemmers!!! Wat jou temps aanbetref....wees rustig daaroor. Die doel is nie dat die temping jou moet uitfreak nie!! Hou aan temp, sodat 'n mens darem 'n hele maand s'n kan sien en 'n prentjie kan kry. Die feit dat FF jou met rooi stippelllyne aandui dat jy geOV het, beteken dat FF ook nie seker is nie. Dit sal soliede rooi lyne word, sodra FF seker is dat jy dan geOV het. Jou temps is nogals oral oor die plek, so dit maak dit moeilik om te sien wanneer jy geOV het. Ek sou vir veiligheid nog 'n pakkie OPK's koop en aanhou toets...en sommer ook elke 2de dag BD net om seker te maak.