× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 3 hours ago #210091 by Cornel
Nee RubyDust,ek het nog nie kids nie.....het al 3 verloor.......

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210088 by CheriseF
Ek het dit gelees - dis vreeslik hartseer.
Ek het gedink dis jou kind.
Jy is reg - soveel om voor dankbaar te wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210086 by Cornel
RubyDust ~ Hy het SMA gehad......... Hy het vir 2 jaar geveg met die siekte,hy kon nie loop ni,nie praat nie,nie vaste kossies eet nie,hy het 'n voeding buisie in sy magie gehad.......

DIE SEUNTJIE HET DIEP SPORE IN MY HART GETRAP! ONS HET SOVEEL OM VOOR DANKBAAR TE WEES.

Sy boetie is Dinsdag gebore (Deandre). Hy is volmaak. Geen SMA!
PRYS DIE HEER!!!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210083 by Cornel
Donderdag, 18 November
1 Jaar en 292 Dae
My pragtige kleinseun, Prins, Hero, DANTE. Vandag was 'n baie hartseer dag vir ons en 'n blye dag vir jou. Jy het vandag SMA gewen, jy sal nooit weer enige van die nare simptome van die siekte toestand beleef nie, jy is vry om te hardloop, spring, rol en kliphard lag. Jy is veilig waar niks jou meer kan seermaak of pla nie, jy is by JESUS! my Prins. --- Maar ons klompie wat agtergebly het se hartjies is baie seer, ons mis jou alreeds so baie. Jy was ons rots, ons gom, ons daaglikse dosis liefde en geluk. Jy was so groot deel van ons lewe, en nou is daar net 'n GAT wat leeg is. Jy moet my maar vergewe as ek so bietjie negatief klink, dit is nou baie seer maar ek weet dat dit later, dalk baie later beter sal voel. --- Ek het nog Dinsdag laatmiddag met pappa gepraat, jy en hy het heerlik gespeel en gesels daar in die hospitaal, hy het die foon by jou oortjie gesit en toe ek met jou gesels was jy vol stories wat jy my vertel. My hart het gejuig want die ou Dante was terug, al was daar nog baie goggas wat gepla het. Vroeg Woensdag oggend het oupa my gebel (ek het op daai tydstip by my ma in Kimberley gebly want ek het daar eksamen geskryf en moes op die dag my laaste vak van die jaar skryf) Ek het die foon vrolik geantwoord want oupa bel altyd as ek van die huis af weg is om more te sê, maar ek kon dadelik aan sy stem hoor dat iets groot verkeerd is. Pappa het vir oupa laat weet dat jy 'n baie slegte nag agter die rug het, hulle het jou byna verloor, dinge het glad nie goed gelyk vir jou herstel nie. Ek het stomgeslaan met die foon in my hand gestaan en die nuus wou net nie insink nie. Oupa het gesê dat ek my goedjies bymekaar moet kry en dat hy oppad is om my te kom haal, want ons moes by jou uitkom. Oom Dr het vir jou ouers gesê dat alles nou besig is om teen jou te draai en dat ons maar vir die ergste moet regmaak, Oppad Bloemfontein toe het jou ouers ons op hoogte gehou met jou vordering en ek het een keer met jou ook oor die foon gepraat. Jy het met sulke sagte geluide met my gepraat, ek kon hoor jy trek baie swaar, ek het jou mooi gevra om vas te byt en te baklei, en te wag vir my. Met ons aankoms by die Hospitaal is ons dadelik na jou toe. Jy was in 'n privaat kamer in die ICU eenheid en met ons aankoms het al die personeel (wat teen die tyd soos ou vriendinne was) vir ons drukkies gegee. Jy het so pragtig gelyk. Jy het gesukkel met asemhaling en dus moes jy heeltyd jou Bi-Pap masjien aanhou. Maar daai mooi ogies het bo oor die pype vir ons gekyk, en toe ek en jy oogkontak maak, het daar 'n vrede oor my gekom, my Prins is nog hier, en ek is by hom. Jy het vinnig rondgekyk so asof jy wou vra nou waar is oupa? En toe hy met jou praat het jou ogies sommer helderder geword. Oupa moes maar veg vir 'n plek langs jou bed want hierdie ouma wou nie wegstaan nie. Ek het jou handjie so styf vasgehou en jy het so saggies met jou vingers teruggedruk. Soene is oor jou nekkie en arms, voetjies, koppie ag sommer orals waar ek kon bykom het ek jou gesoen. Ek moes baie hard veg om nie te huil nie, maar kon dit nie heeltyd regkry nie. Ek kon sien jy is so moeg my Prins, en dit is nie wat ons vir jou wil hê nie, jy verdien beter as net pyn en ongemak. Die hele familie was daar vir jou, (Ouma Mandy, Tannie Cindy en Oom Donavan, Ouma Annatjie, Oom Frederik, Tannie Melissa, Tannie Santjie , Oom Janneman en jou niggie Mikyla en nefie Francois, Tannie Ronel) Ons het almal vir die Prins kom kuier. Maar natuurlik was mamma en pappa die belangrikste vir jou daar, jy het elke paar oomblikke jou ogies rondbeweeg tot jy een van hulle sien en dan sou jy weer vir ons kyk. Ons moes beurte maak om jou te sien, daar mag net 2 persone per slag by jou wees (ons was 'n hele paar maal meer as 2, maar die wonderlike personeel het ons maar oorgesien) Ek het voor jou gaan staan en saggies vir jou begin sing, en wat doen jy? Spoeg jou dummy uit en begin saamsing. Ek was so trots op jou my Prins, jy was so siek maar tog het jy jou bes probeer om my gelukkig te hou. Ons het diere geluide saam gemaak (al was dit baie sag) en ek is seker ek het een van jou beroemde 'smiles' ook sien deurskemer. Hierdie tyd wat ons twee saam gedeel het, was die wonderlikste ooit. Ek wou jou natuurlik nie los nie, maar ek het geweet dat ek vir die ander wonderlike mense in jou lewe ook beurte saam met jou moet gee. Na 'n fotosessie saam met jou is ek toe so sleepvoet weer wagkamer toe. Jy het toe lekker saam met Tannie Ronel gekuier. (ek en sy het ook toe vir die eerste keer persoonlik ontmoet- al praat ons al maande oor die foon en rekenaar met mekaar) Jy het heeltyd mense om jou gehad wat jou so liefhet. Later kon jy nie meer jou oë oophou van moegheid nie, mamma en pappa het jou rustig gemaak en jy het heerlik aan die slaap geraak. Jou niggie Mikyla het saam met haar mamma ook vir jou kom groet, ek en pappa was saam met hulle by jou. Sy het jou handjie vasgehou en vir jou saggies 'n liedjie gesing (jy het altyd baie daarvan gehou as jou niggies vir jou dans en sing) Haar mamma het vir haar verduidelik wat aan die gebeur is, en dat jy heel moontlik binnekort na Jesus toe sal gaan. Hulle het so met jou handjie in haar handjie saam vir jou gebid terwyl jy rustig geslaap het. (Nog een van die kosbaarste oomblikke van my lewe- my Prins en Prinses daar vir mekaar, gebind deur ewige liefde) Alle tekens was later daar dat jy besig was om die geveg teen SMA nie meer kon beveg nie. Teen laatmiddag het ons geweet dat die tyd nou min raak saam met jou. 'n Klomp van die familie het hul laaste keer vir jou gaan groet, en die trane kon ons nie meer keer nie. Al was ons almal baie hartseer, het ons tog ook 'n kalmte oor ons gehad, ons het almal geweet dat jy ongeag die uitkoms van die geveg die OORLOG sal wen, want jy het JESUS aan jou kant gehad. Ek, oupa, Ouma Mandy, Oom Frederik en tannie Melissa het besluit om net daar by julle in die Hospitaal te bly vir die nag wat voorlê. Teen 7:30 die aand was jy pootuit geveg en pappa het mamma het gesê dat ons ook vir 'n laaste keer vir jou kom groet, Terwyl jy daar op die bed gelê het, het ons almal om jou gestaan en oupa het uit die diepste van sy hart vir jou gebid, Ons het almal 'n kans gekry om jou persoonlik te groet en elkeen van ons het iets persoonlik's en kosbaar in jou oor gefluister. Dit was vir my 'n voorreg om jou ouma te wees, my Prins en sal ons tye saam nooit vergeet nie, jy het my so baie geleer van liefde en familie, van veg en oorwin, van die klein dingetjies in die lewe wat ek so baie misgekyk het, jy het my ogies oopgemaak en my gewys hoe om teen enige aanslag as oorwinnaar uit te stap. Jy het my foute misgekyk en my net liefgehad, en daarvoor sal ek jou ewig dankbaar wees, JY IS MY PRINS, MY HERO. Met gebroke harte, het ons toe vir jou en jou wonderlike ouers agtergelaat en ons het buite in die gang voor die deur van die ICU gaan sit. Weereens het die wonderlik personeel ons so ondersteun en drukkies van bemoediging, koffie en ware liefde is vrylik uitgedeel. Hul het ons in kennis gestel dat jou tyd nou baie kort raak, en ons heeltyd op hoogte gehou van jou vordering en ook die van jou ouers. Wat my weereens opgeval het wat die feit dat daar personeel was, wat al van diens af was, maar wat teruggekeer het om saam met jou en jou ouers te wees. Ek het weereens besef dat jy nie net op my lewe nie, maar op soveel ander se lewe 'n inpak gehad het, jy was 'n ware leermeester van liefde vir jou medemens. Ek weet die tyd wat jy , pappa en mamma toe saam spandeer het was wonderlik vir jou, hulle het beide kante van jou op die bed gaan lê, en daar het hulle jou verseker van hul ewigdurende liefde vir jou, en dat jy maar na JESUS toe kan gaan as jy reg is, dat hul jou NOOIT sal vergeet nie, en die dankbaarheid in hul harte dat jy hul seuntjie is, en altyd sal wees. Julle het die ekstra bietjie tyd gekry om bande te smee wat nooit, nie eers deur die dood geskei kan word nie. --- Jy het nooit vir een oomblik ophou veg nie, net as almal seker is jy is op die laaste pylvak na Jesus toe, dan veg jy weer vir nog tyd saam met jou ouers. Teen half vier die oggend het daar 'n hewige storm buite losgebars, dit het vreeslik hard begin reën en ek het wakker geskrik (ons het in die wagkamer naby die ICU bietjie gaan rus) Ouma Mandy –(wat nooit 'n oog toegemaak het nie) en ek het toe deur die venster na die storm gekyk. Die blitse het die hemelruim verlig. Ons het 'n rukkie daarna vir die suster van die saal gevra of ons 'n vir ons koffie in hul kombuis kon maak. (natuurlik was haar antwoord met 'n glimlag –JA) Ons was so naby aan jul kamer en ek het my moed bymekaar geskraap en die suster gaan vra of ons twee oumas nie net nog een keer vir julle kon loer nie, sy het vir mamma gaan vra en sy het ingestem. Julle 3 het so pragtig daar op die bed gelyk, pappa se arm was oor jou en jou arm was op syne, verewig aan mekaar gebind, Mamma se gesig was teen joune. Ek en ouma Mandy het net doodstil daar langs die bed gestaan en vir julle gekyk. My Prins maar ons was definitief nie alleen in daai kamer nie, JESUS was ook daar ek kon dit so duidelik aanvoel, die trane het oor my wange gestroom maar daar was 'n groot glimlag op my gesig wat ek nie kon verstaan of keer nie, ek het ouma Mandy se arm vasgevat en ek kon die vrede in die kamer aanvoel, die storm buite het kalmeer en toe ek weer opkyk na jou monitor het ek gesien dat ons net sekondes oor het saam met jou, Ek het terug na jou gesiggie gekyk en daar was 'n tevrede uitdrukking op jou gesiggie. Geen meer pyn nie ouma, geen meer seer nie, Tot siens my PRINS, JY HET GEWEN!! geen meer SMA vir jou nie. Ek en ouma Mandy het toe uit die kamer gestap en vir die susters gekyk, hul het net hul kop geskud om te bevestig wat ons nou net beleef het. Jy is VRY! Ek en ouma Mandy het mekaar omhels en my eerste woorde wat ek kon uitkry was, My PRINS HET VIR ONS GEWAG, Hy weet nou ons is daar om na sy mamma en pappa te kyk, en dat hy maar huis toe kon gaan... Ek het vir oupa en die ander familie daar gaan sê, en toe buite op een van die balkonne gaan staan, die volgende oomblik het ek besef die reën is verby en die son begin opkom en toe, terwyl ek so stomgeslaan en staar het, het daar honderde voëltjies begin rondvlieg, en ek het geweet dit is 'n teken van die HERE, my PRINS het sy vlerkies gekry, hy is vry. Ons het almal daar gestaan en na die voëltjies gekyk, die aarde was nat en skoon gewas, die voëltjies was opgewonde, - A PERFECT ENDING TO A PERFECT LIFE

Hierdie is 'n uittreksel uit die boek van Dante Vorster.......... :cry:

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210081 by Blommie
Cornel - laat jy my nou so huil :( .

snik snik

[link=http://lilypie.com] [/link]
File Attachment:

[link=http://daisypath.com] [/link]
File Attachment:

My Ovulation Chart


File Attachment:



[link=http://lilypie.com] [/link]

ttc since: Jan 2011
June 2011 - December 2011: Progesteroon behandeling
Jan 2012 - June 2012 - Clomid 100g
June 2012: ML SA toets alles reg
Aug 2012 - Lap - Alles skoon
Sep 2012 BFP 13dpo
Sep 2012 - Miskraam
Oct 2012 - BFP 13dpo

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210076 by CheriseF
Hi Cornel,

Ek is besig om te lees oor Dante - as ek mag vra - wat is die geskiedenis hier rondom - ek is bietjie lost.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 hours ago #210071 by Cornel
Dames,gaan loer asseblief hier dantevorster.weebly.com

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account