× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 11 months ago #210010 by ChaNa
Goeie More Almal..

Hoop dit gaan goed.
Ek dink dis tyd dat ek weer bietjie saam klets, want ek mis julle geselsies so baie en loer so nou en dan wat julle aanvang :-).

Het nie veel nuus nie, behalwe dat 1 van my male se huiswerkers op 2 Oct 'n baba gekry het en ek erg hartseer raak elke dag wat ek die dingetjie vashou. Om na die pasgebore babatjie te kyk maak wonde oop oor hoe graag ek nou wil swanger word en die gesukkel maak my ongeduldig. Ek weet ek is nog baie jonk en het alreeds 'n ou dogtertjie maar dit bly aaklig as mens so graag wee wil swanger raak en mens sukkel so nie. Maar ek weet dit sal kom ek moet net bietjie geduldig raak ne lol.

Ek is vir die afgelope 2 maande nou weer op my Estro-pause N om my estrogeen levels op te bring en om te help dat my siklus 'n vorm begin vorm en gereeld raak. Dit is darem nie 'n voorbehoedpil nie so dit kan my help om te ovuleer, en dis waarvoor ek hoop. Laasmaand het ek ;n mooi siklus gehad volgens die pak en dink die maand sal dinge ook mooi loop. Ek gaan more na my gynie om weer te check en my voorskrifte te kry vir estro pause, fertomid en ovidrel indien ek dit wil gebruik, so kani wag dat die nuwe siklus kan begin sodat ek weer op my fertomid kan begin nie.

Intussen bd ons die maand glad nie vir 'n wen nie lol, so ek verwag niks. Is vandag op dag 17 en werk op 'n 28/29 dag siklus met die pille. DH moet intussen elke 2de aand of elke dag 'n sluk hoesstroop vat om te help dat sy soldaatjies nie klouerig is nie en mooi kan swem. Ons wil ons doodlag vir sy hoesstroop, hy se mos vir my skoonmale nou die dag hy gaan die jaar ni een keer hoes nie lol.

Jammer dat ek nie personals doen nie, moet eers weer alles gaan lees.

Lekker daggie verder vir almal.
x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210009 by Blommie
More almal


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.


AF het toe vandag opgedaag. Dankie tog nou kan ons begin beplan vir BD as DH nie hier is nie.

Hexy - dit is vreeslik sleg om so sonder krag te sit. Hoop maar nie dit vat te lank om te herstel nie.

Loer nou nou weer in. Koek is besig om te brand in die oond

[link=http://lilypie.com] [/link]
File Attachment:

[link=http://daisypath.com] [/link]
File Attachment:

My Ovulation Chart


File Attachment:



[link=http://lilypie.com] [/link]

ttc since: Jan 2011
June 2011 - December 2011: Progesteroon behandeling
Jan 2012 - June 2012 - Clomid 100g
June 2012: ML SA toets alles reg
Aug 2012 - Lap - Alles skoon
Sep 2012 BFP 13dpo
Sep 2012 - Miskraam
Oct 2012 - BFP 13dpo

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210008 by Snoekie
Goeie More Dames
Hexy;
Jammer om te hoor van die kraglose situasie waarin jy jouself beving, Kan net dink hoe erg frustrerend dit kan wees! Mens is so afhankil van die tegnologie vandag...
Sterkte.
Klippie;
Ek is soo jammer om te hoor dat dinge nie goed gegaan het nie. Ek bid dat jy sukses sal he met die IUI en dan kan daai ander geldjies gaan vir baba kamer en om groot makietie te hou om jou BFP te vier :laugh:
Linda;
:whistle: :whistle:
Hoop DH het "sy" verjaarsdag geskenk geniet.
RubyDust;
My sists gee my noggal pyn, Maar ek sit met vergrote eierstok. so my pyn kan ook daaraan toegeskryf word. Maar soos lynkie se, nie almal het pyn nie.
Ek is bly om te hoor DH se SA het goed gegaan. Een ding minder om oor te warrie.

Hallo aan almal anders, Hoop almal het 'n wonderlikke dag.

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210001 by sexy~hexy
More almal

Hoe gaan dit vanoggend?

Ugh....hier was gister 'n groot brand....en blykbaar het dit ons kragsentrale/substasie ook bereik...so raai wat - ONS IS SONDER KRAG BY DIE HUISE!!!! :headbang: Darem krag by die werk, maar nou praat die mense ons kan tot 3 dae sonder krag en binne-water wees :pinch: Hoe de vrek moet mens hare doen sonder krag LOLOL Wys net hoe afhanklik is ons regtig....sal maar moet bele in 'n generator en gasstofie baie gou!!!

Baas is nie vandag hier, werk redelik op datum...so vandag chillax ek weer so bietjie :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209988 by Feetjie
Ag nee klippie :( my :heart: baie seer vanaand vir jul!!
ek hou styf duim vas!!!!!!!!

Baie dankie Lynkie - ag nee vir sist :evil: sterkte en hoop hy "verdwyn" sommer vinnig vinnig!!!

Jooste - ;-) eerlik dink ek jy kan niks verloor (buiten nou natuurlik "geldjies") :laugh: so ek sou ook vir iui gaan. Probeer 1 keer en kyk!! net miskien het jy so R25000 ekstra om dalk eerder babakamer goedjies te kan koop!! nee ek dink nie jul kan fout maak nie! maar ek weet PRESIES wat jy se en hoe jy voel, WAT MOET MENS DOEN?? wanneer doen mens die regte ding en en en en!! eks sommer mal oor jou fs, hou van sy redenasies - nou vra ek hoekom het ek 4/5 iui's by 1 fs gedoen nadat hy geen fout met dh of met "ons" of met my kon kry nie, na dit als doen 2de fs eers lap. en toe daardie 1ste iui nie werk nie, toe se hy dadelik weet jy, ek kan nog iui doen as jy regtig egtig wil, maar mmmmm ek dink jy moet boodskap kry :S !! :-) glo maar ons paadjie is maar seker vir ons voorberei,, die hele ivf was mos maar vir dh moeilike pil om te sluk,, maar ons spot nou al lekker oor 'snowflake 1,2 en 3" hehehe! so sal als hopenlik in einde uitwerk soos dit moet of moet ek se soos ons dit graag sal wil he. laat weet my asb van jul planne en as jul besluit het, STERKTE jooste!!

So hoop,glo,vertrou en bid ek dat dit ook vir elke liewe vroutjie hier op hierdie blad ook sal uitwerk soos hul ook droom dit moet wees!! :heart:

Cornel - ek weet hierdie bb maak my ook nou al crazy!!!! :blink: :headbang: wonder net wanneer dit nou gaan regkom :evil:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209964 by sexy~hexy
Hi almal

Skuus ek loer nou eers in...was tydstaatsluiting gister en vandag, so dit het maar dol gegaan met al die toevoere! Moes ook een admin student my werk wys, want volgende week gaan leer ek die PA van die HR Manager se werk, ek gaan nou een van haar aflosse wees - so ek se byvoorbaat ek gaan volgende week nie inloer nie!!!

Klippie....ek is regtig jammer om te hoor vriendin. Dit is moeilik om iemand anders moed in te praat, as mens self sonder moed en raad en antwoorde is. By watter FS is jy? Het jy dalk al 'n ander een oorweeg, soos Dr Strikdas??? Kan nooit skade doen om 'n 2de opinie te kry, wat dalk dinge uit 'n ander oogpunt gaan sien. Sterkte met die IUI....

Linda....hubba hubba LOL Weet sommer DH sal dit geniet!! Jy moet nou regtig totally go vir dit...kerse....lekker parfuum...body paint....eadible underwear....etc etc :D

Skuus, my brein is nou moeg, kan nou nie die res van die dag se goed onthou nie.....More is ek weer nuut en vars!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209946 by Lynkie
Linda, ek's seker DH gaan uit sy vel wees oor die geskenk en dan doen dit ook baie vir die ttc....sommer twee vlieë met een klap. :laugh:

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account