Jammer julle, vandag was net rof!
Ankies, ons wag geduldig saam met jou!
Strikkie, baie baie baie baie baie groot dink aan jou en jou ding. Sms maar, dan sal ek kom post!
Hexy, baie geluk trostse mamma! Nou kan hy sommer more vir julle braai by die huis!
Iemand het gevra oor gynie pryse en fertility pryse. My gynie is R1000 per besoek en dit sluit 'n sonar in. Gelukkig betaal die medies alles. Ons BFN IVF was R26 000. Hierdie siklus gaan meer wees, want ek moet sterker stimuleer. Mens kan 'n HOP huis bou met daai geld - dis om van te huil. Dis ook ons laaste probleerslag, want ons geldjies is nou vir eers oppellalla.
Lynda, jy mag maar koek bak hoor!
Zettie, dis 'n lekker follie daai! Smeer maar vicks en laat waai
Cisca, ekke en jy gaan maar so saam worstel met die moer-my-meds

Jy't gevra oor staminogro - DH het dit eers gedrink (gynie het voorgestel), maar toe beveel FS eerder sper-i-proof aan. (Dis goedkoper as stiminogro in elk geval). Soveel mense soveel opniies. Dit hang af wat julle probleem is - as dit male factor is, stel ek spermiproof voor, as Dh niks skort nie, sal staminogro nie skade doen nie.
Cornel - waas jy?
Julle moet 'n lekker naweek he, lekker braai!