Sjoe julle, wat 'n dag.
Linda - Daai koeke is pragtig. Ek is ook mal oor bak. Se altyd as ons die lotto wen gaan ek ook bak. Want dan kan ek kies wanneer ek wil.
Hexy - Baie geluk met seuna se braai storie, dis great!
Strikkie - Geniet jou week, ons gaan jou mis.
Zettie - Lekker BD!!!!!
Ankia - Lekker rus, hopelik kom sussa more!!!!
DH het die pelle genooi vir 'n braai more, so ek moet nou my huis gaan mooi skoon maak.

Maar gelukkig help hy altyd baie mooi.
Volgende week woensdag moet AF haar verskyning maak. Sien nie baie uit daarna nie, want dit beteken dat ek volgende Saterdag my Fertomid moet begin drink. Dit maak my so depressed

wil net die hele tyd huil. Maar ek gaan rerig hard probeer dat dit my nie so ontstel die keer nie. Positive thoughts!!!!!!
Se gou vir my wat dink julle van Staminogro? Het dit gister gekoop en sommer gisteraand begin drink. En DH ook. Dink julle dit help vir mans en vroue? Ek hoop regtig die maand wat kom is myne. En dat alles reg sal verloop. Ek is so gatvol vir BFN.
Of wat se ek Klippie????? Die maand wat kom is ons sin!!!!!
Lekker naweek julle, en lekker braai op die "Braai dag"