hi dames!!! lanklaas gesien! SJoe - daar is so baie om op te vang. Maar ek sien die grootste gedeelte van die gesprek gaan oor strik se operasie! ek hoop alles het goed afgeloop!
Ankies - daai sussie van jou... genugtig. Maar die ding is as hulle so lank wag om uit te kom is hulle rustige babas! If it is any consolation - ek wens ek kon 41w swanger gewees het
Oor almal se pva's en strikdas besoeke.... Eerstens; ek dink strikdas rock... Lianey, Rikus en Cameron is smiling (soms crying) voorbeelde daarvan. Jooste - die ding is, ek en my man het ook remedy op remedy, dr. besoek op dr. besoek probeer en vir 2 jaar gehuil oor ons nie 'n baba kon kry nie. Op die ou end was al die vooraf stuff BAIE duurder as die IUI's. So my gevoel is (maar dit is my persoonlike opinie) dat ons baie trane en eintlik geld kon gespaar het om net direk vir 'n IUI te gaan.
Verder (soos julle seker op FB kon sien - hehe) vlieg ons sondag dubai toe... Our Rikus bly by ouma, en sy is in ekstase.
Ons bid vir nommer twee... ML wil nie weer 'n iui doen nie, so ons sien in Januarie my gynea om te kyk of hy vir ons iets kan doen met bietjie meds en so! Ek borsvoed nog - so my siklus is bietjie wacked out (darem het ek 'n siklus - nog heeltyd een gehad terwyl ek borsvoed) - maar ja... so januarie join ek weer julle klomp TTC'ers!