× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 week ago #207343 by joo~ste
Cisca
Jy moet 'n foto kom post sodat ons kan sien hoe lyk jou nuwe wiele!

Hi ChaNa!

Ek stem saam met Klippie....perongeluk...aspris! Maar, ek verstaan hoe jy voel Zettie. Ek sal seker eendag maar die antwoorde in die hemel daarop moet kry. Want hoe gebeur dit vir die wat (volgens my! :blush: ) dit nie verdien nie...die wat dit nie wil he nie...en die wat nie eers hard daarvoor bid en probeer nie... :huh:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207316 by Cisca
Zettie - Ek dink ook dit klink bietjie fishy.

ChaNa - Jammer om te hoor van die mangelontsteking. Hoop als gaan goed met sussie donderdag.

Klippie - Ek is HONGER!!!!!!!!
Die gesond eet ding is moeilik jong. Maar ek hou moed. My pa verjaar vandag en my ma donderdag, en woensdag vlieg hulle oorsee. Gaan bietjie vir my ou-sus kuier. En my suster se dogtertjie verjaar sommer saam met ouma op donderdag. Ai wens ek kon ook daar wees. Ons sien hulle noggal min.
Anyway, wat ek wou se is dat ons gisteraand saam met hulle gaan uit-eet het. So ek het bietjie gesondig met my Lambshank en mash. Maar vandag is dit weer geen stysel na 12:00 nie.
Dit is net te koud hier by ons om oefening te doen. Lyk of die winter weer van voor af begin.

OOoooooo kannie waggie., kry dalk my nuwe kar vanmiddag :woohoo: :woohoo: :woohoo:

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207306 by ChaNa
Hi Almal,

Sjoe maar ek was lanklaas hier om te chat! Ek loer darem gereeld vir julle om te kyk wie doen wat so ek is darem nie heeltemal clueless nie lol.

1stens - sien ek hier is baie nuwe gesiggies hier so ek wil net sê WELKOM aan almal wat ek nog nie ken nie.

Ankia - Baie sterkte met die bevalling wat voorlê ek weet jy gaan 'n amazing geboorte he.

Klippie en Ciska: Al my geldjies is op julle 2 vir die nuwe siklus, ek hou styf duime vas vir albei van julle.

En aan al die ander wat ek nou so bietjie vergeet het wil ek stywe drukkies aanstuur van my kant af, het julle almal gemis.

AFM: Ek is op CD 17 en BD so ver baie goed die maand, ek dink ons cover al die gaps baie mooi so ek hou duim vas dat dit werk. Ek het nog geen ovulasie pyne gekry of iets nie so weet nie of ek geovuleer het nie. En intussen ht DH ook Bisolvon hoesstroop gedrink een keer 'n dag tydens my ovulasie week om sy spermpies meer los te maak sodat hulle beter kan swem so kom ons hoop dit het ook gewerk.

verder gaan dit baie goed, my ou dogtertjie word net te ougat. Sy is vanaf 2 Augustus in die kleuterskool elke dag maar net halfdag en sy geniet dit sooo baie. Mamma is te dankbaar dat sy so gelukkig is in die skool.

Sussie kry vreeslik baie mangelontsteking en het 3 keer gehad in 5weke, wat beteken 3 antibiotikas in 5weke so dis bietjie rof shame. Sy sukkel vreeslik met koors en ek voel al so sleg om haar so te sien. Ons het haar toe na die Oor, Neus en Keel Spesialis gevat en hy het gesê dat sussie Chroniese Mangelontsteking het so antibiotika help nie veel vir haar nie. Hulle gaan haar mangeltjies nou Donderdag uithaal, so ek hoop sy herstel vinnig en dat sy die narkose oraait vat.

Groete aan almal.
x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207301 by klippie
Zettie, dit klink vir my sy het per ongeluk aspris swanger geraak, maar eers toe hulle uitgemaak het en sy 'n idee wou kry om hom te vang. Of dalk kyk ek net te veel sepies? Bottom line is: daar is 'n onskuldige baba op pad wat nie gevra het om in hierdie wêreld te wees nie, so alles wat julle nou doen moet in die baba se beste belang wees.

Sterkte vir more, hoop daar is sommer komp follies!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207290 by zettie
Goeie more dames ek voel vandag sommer emosioneel en lus vir huil.

Moet eers hierdie storie met julle deel.

My DH se broer en sy meisie is al amper 5 jaar an en af saam en in die tyd was sy al 2 keur perongeluk swanger jip julle hoor reg PERONGELUK.

Eerste keur het sy aborsie gehad en tweede keur miskraam voor sy nog besef het sy is swanger en wag hier kom dit sy is weer swanger PERONGELUK.

Hoe werk die lewe jong ek verstaan dit nie.

Sy is nou so amper 12 weke swanger maar daar baie dramas my man praat nie met sy broer nie oor die hele storie.

Hier is wat gebeur het gee julle nou julle meening.

Hulle het uitgemaak die week van die 20 Junie en die Maandag die 27 Ste Junie kom sy toe by my aan en sê wat nou sy is swanger het die oggend swangerskap toets gedoen en dit is so.

Lang storie kort temaak so gaan hulle toe die 9 Aug vir hulle eerste afspraak want sy is mos toe 8 weke swanger. Sonar wys toe dit nou volgens haar dat die sak ontwikkel het en nie die baba daar net weet nie lekker om dit testel kollietjie met anderwoorde die eiertjie wat geheg het.

Hulle moes toe week wag en kyk of telling vermeder en toe weer gaan vir sonar anders moes hulle skrapping doen. Week later het telling vermeerder soos dit moet en gaan sy weer aan sy verander toe sommer van dokter en gaan 2 weke later met ander woorde altesaam meer as maand later na die nuwe dokter. Sy is toe op daai stadium volgens die nuwe dokter net 8 en half weke swanger en alles is reg en normaal.

So my gevolgtrekking is dat sy nooit oorspronklik swanger was nie en alles normaal was op die eerste dokters besoek want sy was slegs 2 - 4 weke swanger en nie 8 soos sy voorgegee het nie. Is ek verkeerd om so tedink mens kan mos nie meer as n maand later steeds 8 weke swanger wees nie.

Wel genoeg van ander mense se proebleme en gaan more oggend vir sonar om te sien of follicles gevorm het moet al 07-30 daar wees so sal vroeg moet ry seker 6 uur om betyds tewees in die verkeer.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207287 by klippie
Hi Anje! Lekker om weer van jou te hoor. LOL, ja ek het mos 'n probleem met die garage pies wat my nie wil uitlos nie :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207274 by Lia
More more dames !!

Ek het gou kom loer of Ankia al nuus het, maar ek sien klein A is nog gemaklik in haar ma se maag. Ek onthou hoe ek dit gehaat het as iemand vra of L al hier is...hehe...so ek sal nie vra nie, net loer vir nuus.

Lekker, ek sien almal is op dieet, ek gaan ook nou probeer, die swangerskap vetties het mooi afgeval, maar toe wil die milkybars my nie uitlos nie, nou sit ek met 'n boep en boude.

Julle moet almal 'n heerlike dag he, ek sit gou vir sussa in die bed.

My tyd is mos nie meer myne nie...:)

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account