× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 days ago #207546 by joo~ste
Klippie
Hoekom gaan dit vir jou 'n laat nag wees?? Watse werk het jy?
Ek het self 'n lang nag wat voorle. Het 'n spul verslae om te skryf en gaan sukkel om dit voor middernag klaar te kry. So dalk...kan ons mekaar geselskap hou tot dan! he he....ek sal net so 'n rukkie moet wegglip om my BD sessie in te werk ...maar dan sal ek weer terug wees voor die rekenaar om te werk.! :blush:

Ek is absoluut GAANDE oor skoonheidsterapie behandelings (amper so 'n ietsie soos Paula van 7delaan...moet ek bieg!). So ek gaan 1 keer 'n week vir iets...pedi...facial...massering ens. Elke keer as ek 'n pedi bespreek, dan bespreek ek ook 'n reflexiologie afspraak saam met dit. Die vrou na wie toe ek gaan is ook gekwalifiseer om dit te doen. Ek is nie seker of die medies sal betaal nie? Haar koste wissel so van R120 - R200 vir 'n sessie (hang af hoe lank). My hele lyf ontspan sommer as ek dit laat doen. Probeer dit - dalk hou jy ook daarvan.

Cisca:
Ek het gisteraand vark worsies in die pan gaargemaak met perske sousie...en...stirfry groente in die Wok gaar gemaak. Vanaand het ons gestoomde vis (dai wat 'n mens sommer in die sakkies kry en in die mikrogolf druk vir 'n paar minute), met brocoli en soet wortels. Ek maak alles wat ek gewoonlik maak...maar ek haal net die stysels uit.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 days ago #207536 by Cisca
Jooste - ja, hy ruik nog baie lekker binne.

Ek weet nie wat on vannaand te maak vir ete nie. Sal maar sien. Defnitief geen stysel nie. Weet nie of ek juis iets gaan verloor die week nie, dis vir my nie so maklik nie. My suster is weer anders, sy hou vir 1 week op met brood eet dan verloor sy sommer 2 kg. :angry:
Ek eet nie eers eintlik brood nie, miskien 'n braaibroodtjie as ons braai maar verder amper niks. En my gewig bly maar dieselfde.

So sterkte almal, en lekker gesond eet.

Chat weer more. :)

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 days ago #207535 by klippie
Jooste, waar gaan jy vir reflex. Ek wil dit ook doen, maar ken niemand nie. Hoeveel kos dit en betaal die medies daarvoor? Moet die GP mens verwys?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 days ago #207534 by klippie
Jooste, jou stouterd!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 days ago - 15 years 6 days ago #207533 by klippie
More dames! Ek weet dis al middag, maar ek sit nou net vir die eerste keer my voete in die kantoor. Wat 'n rowwe dag!

Ankia, ek het gou kom loer, ons wag maar geduldig! Ai tog, die meisiekinders is hardkoppig!

Cisca, wow o my freaking word. Dis 'n nice kar, hoop jy het duisende gelukkige myle!

Jooste, sies vir die kroek met chomp! Ek het nog niks gekroek nie, wê! Hier's 'n tip vir al die kroekers: koop vir julle Brooks se diet Oros. Dit proe nes gewone Oros maar het slegs 35kJ per glas, so as die soet lus nie wil wyk nie, vat 'n sluk.

Lynkie, dis nie 'n slegte idee om 'n maand of 2 die meds te los nie, so dis great as julle hierdie maand net gewoonweg BD!

Zettie, klink na 'n super follie daai - wat sê julle ander girls, is die weddenskappe oop vir Zettie vir 'n eerste BFP?

Hallo Hexy, en Strikkie en al die ander!

Okay, ek moet nou BEGIN werk.....lang nag wat vir my voorlê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 days ago #207531 by joo~ste
Lynkie:
Nou maar toe....dan dare ek jou!! 4 aande se BD agter mekaar......is jy in!??? :woohoo:

Cisca:
Sjoe!!! Ja nee....dit lyk na lekker wiele wat jy daar het! Ek is sommer jaloers. Dit ruik seker so lekker nuut binne in ook?! Ek kyk nou al vir 'n hele rukkie uit om ook 'n voertuig te koop, maar waar DH my nou so mooi ondersteun het so 'n maand of wat terug, is hy nou versigtig en het hy gese dat ons eerder die spaargeld moet gebruik vir fertiliteits behandeling. So....nou wag ek maar 'n rukkie. Ek hoop tog nogsteeds dat ek van self kan swanger raak en dan die geld kan gebruik vir 'n ander kar!

Hexy:
Ek het altyd op die sonbed gele toe ek op varsity was en selfs nog so vir 'n jaar of wat na ek getroud is. So...10 - 15 sessies 'n jaar. Ek het egter verlede jaar 'n moesie laat uithaal wat nie goed gelyk het nie en het 'n groot skrik gekry toe hulle nog 'n bietjie verder moes rondom dit uitsny omdat daar een of ander selle is wat verander het en hulle oor bekommerd was. Die dermatoloog het gese dat ek nooit weer op 'n sonbed mag le nie. Hy het gese dat 20 minute son elke dag sonder enige sonskerm vir my minder skade sal doen as 10 minute op 'n sonbed met sonskerm. So...dit is dalk goed dat jy jou sessies teruggegee het.

Okay.....julle...
sorry...maar ek het weer gecheat. Een ou klein koekie'tjie!! Maar...toe drink ek 'n hele liter bottel water daarna....so ek is doodseker ek het die koekie'tjie afgespoel sonder dat my lyf ook daardie een agter gekom het. AII!!!! Ek sal nou harder probeer. Ek wil darem nie die enigste een wees wat Maandag terug rapporteer dat ek niks verloor het nie! :ohmy:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #207489 by Lynkie
Hallo julle,

Gaan bietjie dol vandag hier by my...

Zettie :woohoo: Wow vir die follie, nou net BD,BD,BD - fx

Hexy ouch vir die seer brand, moet maar laat DH bietjie roompies liggies in masseer.

Cisca baie geluk met die kar, kan nie die attachments oop maak nie :huh:

Cornel, bly om te hoor dit gaan goed met die ou hondjie, hoop jy kry vir haar 'n goeie huis.

Jooste nou moet jy maar saam my eksta hard werk die week... :)

Ankia, sterkte - ons wag in spanning!

AFM
Ons het maar besluit om hierdie maand net gewoonweg te BD sonder meds, aangien Gynie nie hier is om te monitor en volg maar ook sy raad om volkome te herstel....

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account