More almal
Cornel, jy het nogals gese hulle hou van gips gee daar in die Congo...en nou sit jy met gips LOL Maar dis beter so, anders oor 'n paar jaar sit jy dalk met 'n probleem met jou voet en kan hulle niks doen nie...so geniet die rustig wees en moenie te veel woel nie!!
So AF het vanoggend opgedaag, as expected, so vandag is cd1. Ek het toe besluit wat ek gaan doen. Stuff die gynies wat so ver is, ek het met 'n vriendin gesels en sy was na een van ons GP's hier, en hulle het haar ook gehelp. So vir eers gaan ek die een GP sien oor bietjie gewig verloor, en dan sal ek die ander GP gaan sien en met haar gesels oor my siklus monitor. Ek kan baie doen met R710, want dis wat die gynie se konsultasie my gaan kos, want ons medies is uitgeput. So ek gaan nou eers fokus op bietjie gewig verloor (op 'n skelm manier), en dan hier Nov, Des/Jan kyk om swanger te word, want ek soek mos 'n lente/somers baba

So ja....ek het sommer my eie POA uitgedink, en ek is happy daarmee!!
More Cisca...ai jong, sterkte met so besig wees by die werk....ek voel ook baie dae so, asof niks na 'n rigting wil kom. Wanneer gaan sien jy weer jou gynie?
Morgan, jy moet 'n foto van die pophuis kom post
JOOSTE....wanneer toets jy?????
Ankia...hoe gaan dit vanoggend? Jy en my vriendin het dieselfde probleem, die sinus allergie het haar heel plat in die bed, omtrent haar hele swangerskap het sy gesukkel met dit, ek moes Sondag haar fotos gaan neem het, maar sy het laat weet sy is weer siek....so hoop sodra julle sussie-babas hulle verskyning gemaak het, julle gou weer gesond sal wees
Klippie...wat is jou PVA volgende???
Wat hoor julle van Slakkie?
Driekie het gister begin by haar nuwe werk, en sy klink heel gelukkig...hulle is nou weer terug in Mafikeng...so bly dinge begin nou weer na 'n kant toe gaan vir hulle
Ok julle, lekker daggie.....