× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 month ago #201108 by sexy~hexy
More almal

Ek loer gou in...ek is ook een van die wat vandag kom werk het....DH en Jayden is lekker by die huis, maar gelukkig is die kantoor stil want die baas is ook af vandag.

Nie veel nuus aan my kant nie....AF het gister begin, so gaan nou begin fokus op wat ek eet, suikers en stysels uitsny....vir wat dit werd is.

Lekker daggie vir almal...geniet die vakansiedag more :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #201095 by Goggatjies
Goeie More

Wow ella, bly om jou hier te sien - sterkte met die nuwe werk, en om sonder DH te wees.

Verder sit ek by die werk op hierdie Maandag, nie lekker nie. maar dit is darem oraait, nie te besig nie.

Verder gaan dit goed, is vandag 34 weke en kan dit nie glo nie, nog net 6 wke voor sussa se due datum.
Gaan more darem so paar goedjies koop vir my tassie, so kom darem daar by ook.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #201058 by ella~bella
Hallo almal!

Sjoe daar is baie om op te catch! Ek weet nie eers waar om te begin nie!

Dit gaan baie goed met my, behalwe dat ons nie nou kan behandeling doen nie. Ek het 2 maande terug met 'n nuwe werk begin en kry maar bitter min tyd vir internet. Ek bly nou in die Kaap, en ML nog in Botswana. Dit gaan maar moeilik, maar ons kan nie ander op die oomblik nie. Ons hoop dat hy binne die volgende 2 maande in die Kaap sal wees.

Ons het besluit om November weer vir behandeling te gaan. Dit sal dan rondte 4 wees... as dit 20 keer moet vat, is dit wat ek sal doen. Ek het myself emosioneel detatch daarvan. Vreemd genoeg raak dit vir my minder emosioneel.

Vertel bietjie wats als nuus?

Ek kan nie eers meer onthou wie staan waar nie! Ek mis regtig ons geselsies.....

Nou ja toe, mooi bly en ons praat hopelik binnekort weer!
x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200817 by joo~ste
Driekie
Partykeer kan woorde nie regtig iets se wat betekenisvol is nie...so weet net ek dink aan julle. Dit klink egter regtig asof jy sterk is as mens en vrou en hierdie situasie gaan maak werk - kom wat wil! Ek hou vir jou duimvas dat dinge spoedig beter gaan raak en jy binnekort gaan terugkyk op dit alles en weet jy is 'n beter mens agv dit. (Ja...ek weet....blah blah....maar ek GLO dit regtig!) Vasbyt!

Klippie
Dankie vir die verduideliking. Ek hou van die idee dat dit my eiertjies mooi groot gaan maak...maar nie noodwendig meer nie. Ek hoop so dit gaan werk!! :unsure:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200794 by Goggatjies
Goeie More

Driekie ek weet alles sal reg kom. En ek weet hoe dit voel om by jou ouers te bly, dit is nie maklik, maar ons probeer maar die beste daarvan maak. Dit is veral moeilik met die kids want hulle wil hulle beheer, maar jy is eintlik die ma. Ek bid vir julle en ek is seker DH sal gou-gou werk toe kry - stuur my weer sy cv, asseblief
Sterkte vriendin

Hallo Strik, ja ons het 'n besige naweek, en ongelukkig gaan dit William baie erg vang, ek is seker hy gaan weer so ma vas wees dat ons weer vir weke gaan sukkel.

Verder gaan dit goed met my, het nou net 'n lekker kaas & tamatie broodjie ge-eet- was baie lekker

lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200741 by Driekie
Helloooooo mense!

Baaaaaaaaaie geluk Lalie - hoop klein Cameron is vir jou en jou man daai perfekte ietsie wat bewys hoe lief God julle het, en dat hy vir julle net tot seen sal wees!!!!!!!!



Voel of ek skoon n vreemdeling is, hoop dit gan nog goed met almal.Ek het nou sopas as ek dink 20 bl sit en deurlees en my ogeis sommer lekker uitgehuil oor almal se seer en toe sommer oor al my eie crap!!

Sjoe julle dis soos om in n nagmerrie te leef!
K - Jooste ja my man het n werk gehad by Medizone en ek sal dit vir almal wyd en syd verkondig - hulle is die grootste skelms!Basies sou my man byna nooit enige geld huistoe kon bring nie.Hy het nou so 2weke terug n werk gekry en na 3dae het die mense hom betaal en gese hulle kan hom nie oplei nie want hulle is agter op die kontrak en kan dit nie bekostig nie (basies hy het nie genoeg exp nie).So ja my man sit nog steeds sonder werk!
Anje ek se vir jou dankie vir die boodskap, ons is besig om daarna te kyk!
Ons enigste plan sover is ons het die Noodhulpliga gejoin en al2 ons vlak 2 kwalifikasies in 2weke gedoen - so nou werk ons elke Saterdag van so 12:00 tot 18:00 en dan part Woensdae en Vrydae aande van 18:00 tot so 23:00 by rubgy-wedstryde ens om ekstr geld in te kry. Dis vir my baie erg want ek sien my kids baaaaaie min, maar hulle moet eet, gelukkig babysit ouma.

Ek werk darem al van 6Junie af, en die werk is darem nou al baie beter want ek het hulle n vet toffie gewys en hulle twyfel (oor ek klein kids het en blah blah blah) oor my helemal doodgedruk!

Ek is baie baie dankbaar vir my ouers, maar elke vrou wil haar "nessie" he en ons was 8jaar op ons eie en nou om weer te ja en amen aan iemand anders is vir my bitter erg!

Ag en dan is dit asof dinge nie wil regkom nie, nes dit beter gan kom daar weer iets wat als omkrap en jou soos n golf onderstebo kom klap!
Soos karre wat bly breek
My ouers en kids wat mekaar oor en weer aansteek en wat ons toe aangesteek het (die kids het op die ou end beide op dieselfde tyd opge-eindig met longontsteking)
En dit net voor ek by die medies van die maatskappy kan aansluit (einde die maand) - hulle wou amper klein Eoin opneem en dit obviously in n public hospitaal, ek het my amper doodgehuil daai dag!
Maar in dit als - sien God se Hand, die oggend wat ons by die dokter was loop ek vas in n baaaaie ou vriend wat ek laas op skool gesien het meer as 11 jaar terug.Later daai middag bel hy en sy vrou ons, met die woorde dat hulle vir hospitaal-kostes sou dit nodig wees, maar definitief ook vir fisio kostes vir beide kids wil betaal en vir my n nebuliser sou leen tot hulle gesond is.Nou ja - hule het vir 3besoeke vir elke kiddy by n fisio betaal en die fisio het vir ons haar nebuliser geleen tot my ma toe geld bymekaar geskraap het om ene te gan koop het.

Ag en julle ek het nou al n hele boek hier geskryf....ek is nou in survival mode so ek probeer om nie an die crap te dink nie want dan gan ek verdrink van stress!

Die noodhulp-geld wat ons verdien help darem nou dat ons die naweek na my man se ouers toe kan gaan (hulle gee weer geld om terug te kom), so hopelik na die naweek kan ek weer dinge in die oe kyk en aangaan!O jaa en vir die wat nog onthou van my skoonsus en haar baba-troubles, sy gan Maandag vir n keiser vir hulle dogtertjie (ja dis weer n meisie) en ek het toe my vies vir haar in my sak gedruk en maar my ou baba-klere vir haar gestuur

Dis darem nie als verlore nie met die wat manlief nie werk want ek kan darem ons rekeninge betaal,maar dit het die effek dat - ons as volg beweeg werk-huis-werk-huis want daar is vir niks anders geld nie.

Al wat ek van julle vra is om asb asb nie op te hou bid saam ons nie, ek glo en vertrou want dis al wat daar is om te doen.

Ons is darem nie weg nie - het ge-upgrade en my BB ok uiteindelik gekry, so die wat kan - ons kan bbm en die ander - ek is net n sms ver!

Hoop ek kan gou weer inlog
Groete en baie baie liefde vir julle almal!Asook Feetjie en dan Cisca - dink spesiaal aan julle 2tjies ook van nou af!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200681 by Strik*kie
Haloo

Lalie, het jou storie gaan lees, wow amazing!!!! Mag hy vir julle baie geluk en vreugde bring!!! :)

Jooste, ons hou FX vir die maand dat al die meds saamwerk met die eggie ;)

ANkies, jy klink na 'n bedrywige besie vir die volgende paar dae, geniet dit terwyl jy nog los kansies het hehe

Hexy, hoe gaan dit? Voel jy al beter en op en top?

Ciska, shame man sterkte, hoop als is gou beter!

Klippie, dan hou ons maar fx vir die vlge sessie.

Ok, gaan nou maar eers weer :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account