× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 month ago #200254 by klippie
Hallo almal!

Hexy, onthou volgende keer as jy gietergat het - pectrolyte werk soos 'n bom! Hoop jy voel gou beter! Wil jy nie weer vir ons 'n lysie maak van wat op die thread aangaan nie - wie TTC, wie't kinders ens ens.

Ansa! Welkom terug! Hoe is dit om terug te wees by die werk? Shame, ek kry jou so jammer wat vir MJ moet aflaai, sterkte! Persoonlik dink ek om nou te TTC is dalk vroeg....julle het mos nou die reseppie uitgefigure, so wat as jy die eerste maand al vat? Dan is hulle bitter naby aan mekaar, en sal jy weer so gou kan cope met 4 maande onbetaald kraamverlof? Maar dit bly julle besluit!

Hallo al die ander girls - Strikkie, Ankia, Jooste, chocolate Cisca :-) (het jy baie seer?).

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200242 by Ansa_S
Hallooooo almal

Jammer ek was missing in action maar ek het nie meer internet by die huis nie, sal dit volgende maand vervang!

Ek het die week weer begin skoolhou en ek het my maandag en gister simpel gehuil elke keer as ek vir MJ moet gaan aflaai by sy dagmoeder!

Kan nie glo hy is al vier maande nie en soooo flippen cute ek wil hom opvreet! Hy slaap al natuurlik van 2 1/2 maande af deur in die aand so dis hemels!

Het ek iemand se BFP gemis????

Sit met 'n probleempie, manlief wil he ek moet die pil die maand los sodat ons solank kan begin met nr 2, maar ek is nog nie reg nie, ek dink die groot ding is al het ek nou 'n seuntjie is ek vrek bang vir weer 'n miskraam ek sien regtig nie kans vir al daar die emosionele uitputting nie! So ek moet paps ompraat dat ons nog 'n rukkie wag!

Hy is bang ons sukkel weer om swanger te raak en dan is die gaping te groot tussen MJ en sy boetie of sussie!

O ek wou nog se toe ek gisteroggend dagmoeder toe ry en my hart is so seer toe dink ek aan almal wat hier chat wat se hart 'n baba begeer en nie sal omgee om hul kind af te laai nie solank hulle net 'n kind het! Dit het my darem weer effens laat bedaar!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200166 by sexy~hexy
Hi almal

Loer net gou vinnig in, gaan dol by die werk. Was Maandag en gister afsiek met gastro :S Al van Saterdag af amper niks ge-eet nie, was Maandag dokter toe en net 'n inspuiting gekry met meds. Voel darem al beter vandag.

Het vir die fun 'n HPT gedoen gister, nogals die Jet brand. Was nou wel 'n negatief, maar daai toets tel nogals vinnig die hcg in jou liggaam op.

Verder nie veel nuus aan my kant nie, bly dis al Augustus, want dis elke dag 'n dag nader aan LENTE :woohoo:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200129 by Goggatjies
Goeie More

Nee wat Cisca, daar gebeur nie iets belangrik vandag nie, my seuntjie dink sussie kom vandag, maar sy moet nog eers bietjie bak in my maag voordat sy mag kom - maar dankie vir die sterkte

Verder gaan dit goed, het nie veel klagtes nie

lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200103 by Cisca
Hallo almal

Jooste - dankie vir die Karma = ek voel nou sommer baie spesiaal.

Ankia - sterkte vir vandag, dink aan jou!

Klippie - Hoe het dit toe gister gegaan by die FS? My geld is ook op jou hierdie maand!!!

Strikkie - hoe gaan dit jong?

Baie dankie vir almal se boodskappies. Voel elke dag net beter en beter, maar mag nie bestuur nie so dit raak redelik boring by die huis. Mag ook nie 'heavy duty' dinge doen nie. Was gister gou by die werk, gou gaan dinge in plek sit vir die 4 weke wat ek af is. My baas wou toe sommer nie my laptop vir my gee nie, want hy dink ek gaan werk doen by die huis en se ek moet rus. Moes toe mooi verskoning uitdink oor hoekom ek dit MOET he!! Mos darm lekkerder om in die bed te le en te chat met julle as om in die koue studeerkamer te gaan sit voor die PC. Ek het dit darm gekry, nou moet ek nie die salarisse en doen voor vrydag, en dan sien die laptop geen werk weer nie!!!!

Hoop dit gaan verder goed met almal.

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199942 by joo~ste
Hi Strikkie
Ek is okay, dankie! Vrekked besig by die werk (en LUI vir werk!). Andersins baie goed. Hoe gaan dit met jou?

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199940 by Goggatjies
Dit is so cute as hy met sulke se goed uitkom.
Ek wil net nie he hy moet afgeskeep voel nie, so as ek persente kry vir sussie dan mag hy dit oop maak, hy weet dit is sussie sinne. So hy is fine daarmee.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account