Goeie naand
AG nee Cisca,,, eks vreeslik jammer om te lees waardeer jy die laaste week gegaan het!!! Ek dink aan jou en jou man!!! baie baie sterkte met die herstelproses. Hoe voel jy vandag - bedoel nou fisies???
Ek wil graag die draer van positiwiteit wees vir jul week - ek gaan op veldskool mmmmmm so miskien het ek eerder positiewe gedagtes nodig
Ek het gisteraand weer met klomp girlies gepraat oor kinders, nie kinders ens ens.
Die een egpaar het 'n kind aangeneem (vrou moes vroeg al histerok) kry. ander egpaar het dogtertjie van 6 maar kan tot nou toe ook nog nie swanger.
Wel, die een vroutjie vertel my toe van haar baas. Hul was dink ek by dr strikdas, hul het 6 of 7 ivf deur gegaan (ps - ek weet nie hoe doen jy dit en bly nog "emosioneel normaal" nie) maar wat ek wil se - die laaste ivf het ook nie gewerk nie. Die man het toe besluit hul moet net nou 'n jaar 'rus' en dan kan hul weer verder gaan. Binne 3 maande het die vrou op natuurlike wyse swanger geraak. Die baba dogtertjie is die week gebore.
ek weet jul almal ken ook tonne sulke stories - dit bly maar net nog altyd raaisel vir my. HOE kan dit gebeur?? dan kom ek maar seker tot my punt. Ons almal moet net nie ophou glo dat daar 'n groter prentjie is nie. Moet nie moed verloor nie. Daar is iemand wat jou gebede en behoeftes hoor en ken. Glo daarin!!
Vir my en my man vat die hele "kinder-ding" seker die meeste aan ons huwelik - sjoe!! ek weet nie van jul, maar hierdie paadjie is nie vir sussies nie. En ek dink die moeilikste stap is om te bly glo en nie moed te verloor nie.
Klip, die vriendin waarvan ek in 'n post al vertel het, se man het ook (ek dink) selfde operasie as jou man ondergaan,,, (dr het vir hul gese met ivf het hul net 10%) wel, man was vir operasie en binne 2 maande was sy ook natuurlik, sonder enige enige meds of wat ook al swanger!!!!
Ek wil graag vir jou se ek dink aan jul!!! ek hoop af kom eers maandag (of sommer glad nie) en dan begin ek sommer nou al met als in my duim vas hou vir hierdie keer.
Jooste - ek sien daardie 2 strepies al nader kom
Geniet jul week!!
Baie baie sterkte vir elkeen van jul!!
Ankia - sterkte met laaste rukkie!!
Anje - L is pragtig!!!!