Ankia - Skies jong, lyk my die pyn meds wat ek drink is besig om my brein aan te tas! Ek sien nou op jou signature jy is nou omtrent 32/33 weke as ek dit reg het?! Hoop jy raak nie te ongemaklik hier op die einde nie.
Klippie - Hoop dat die breuk jou goed sal doen.
Ansa - Sterkte met jul besluit oor of jul moet wag of nou al weer probeer. Ek haal my hoed af vir mammas met twee so naby aan mekaar, maar dis elke een se keuse. Toe my ma 30 was het sy al 3 kinders gehad. Die oudste was 4, middel was 15maande en ek 1 maand oud! Weet nie hoe sy survive het nie!!! Ek en my suster wat net 14 maande verskil was op laerskool goeie pelle, maar van daar af was ek en ousus wat 4 jaar ouer as ek is beter pelle. Tot vandag nog kom ek beter oor die weg met Ousus wat in Duitsland woon as met die middel een wat 20min weg bly. Wie weet, dalk as ons almal naby mekaar gewoon het was dit dalk anders. En die hoeveelheid moeite en effort wat van enige kant af kom speel ook 'n rol.
Ai , kyk vir my , sommer besig om die hele onderwerp te verander.
Jooste - Hoop die meds werk vir jou!
AFM : Nie veel nie, pyn van die operasie raak minder, maar ek probeer minder pille ook drink, so elke nou en dan is dit maar vrek seek. Gaan volgende week vir my follow-up, en dan sal ek hoor hoe lank ons moet wag voor ons weer probeer.
Lekker bly julle