More almal
Hoe gaan dit nog?
Jammer ek was MIA, het Donderdag en Vrydag verlof gehad, DH en my ma moes dokters in Kby gaan sien het. Gister weer werk op datum probeer kry.
Strikkie jammer oor AF....weereens...druk op dat DH gaan vir sy SA....sodat julle al die antwoorde kan kry by die FS in Augustus!!!
Klippie...jammer oor jou BFN...sterkte met jou pad vorentoe, en hoop die nuwe PVA bring goeie resultate
Ankia, sussa is te pragtig! Sien baie van William in haar...kan nie wag om haar in lewende lywe te sien nie, kan nie glo jy is al so ver in jou swangerskap nie.
Morgan, Carli se koek was te pragtig, het so gaan koekeloer na van die fotos. Die babas raak nou regtig te vinnig groot!!
Ciska, laat weet ons wat wys die bloedtoetse en wat se die dokter. Sterkte aan jou ook...
Jooste, my hart pyn regtig as ek jou posts lees. Woorde kan nie die seer wegvat nie. Ek dink jy moet nou begin aggressief raak en aandring op IUI of IVF. Time to get MEAN!! Bring out the big guns!!! Snaakse vragie, was jy al by 'n homopaat?
Nie veel nuus aan my kant nie...dink ek is vandag op cd27, laas maand was my siklus slegs 28 dae...so ek wag in spanning om te sien of dit weer 28 gaan wees, en of dit dalk weer normaal 30 dae gaan wees....