More dames! Hoop dit gaan goed met almal!
Vandag vra ek asseblief dat julle moet bid vir my embrio's. Niemand het my voorberei op hierdie warboel van emosies nie...het die heel naweek gebid en gegoogle.
Kortliks: Donderdag haal hulle 10 eiertjies uit en spuit dit in (ICSI) met sperms. Ons is in die wolke.
Vrydagoggend bel die embrioloog - slegs 3 van die eiertjies het bevrug. Dit voel of die wêreld onder my uitgeruk word...ons kanse is nou soveel kleiner, want statisties groei nie almal van hulle verder nie.....
Saterdagoggend bel die embrioloog - al drie embies het gegroei tot 4-sel embies. My hart juig! Maar ek is so bang hulle hou op groei!
Sondagoggend bel die embrioloog weer - al 3 embies groei mooi - daar is twee 6-sel embies en een 8-sel embie. Ek wonder hoekom al die embies nie ewe vinnig groei nie - is daar fout?
Hulle los nou die embies uit vir 2 dae (tot op blastocyst). In hierdie 2 dae is hulle so sensitief, hulle mag nie oopmaak om te kyk hoe hulle groei nie. So niemand kan my laat weet hoe dit gaan nie. Ek is amper waansinnig - more is die teruplasing, en ek weet nie wat op ons wag nie - of daar enigsins embies gaan wees, dalk het al 3 gegroei, hulle sit 2 terug, so watter een kies ons om nie terug te sit nie?
Sjoewie! Al wat ons nou kan doen is glo en vertrou!
Hoop julle het 'n lekker daggie. Vandag gaan bietjie dol wees by die werk, want ek vat al weer more af!

Mwah
More