More almal
Skuus ek is so MIA...was weer 'n dol week by die werk sover...dankie tog more is 'n vakansiedag en het sommer vir Vrydag verlof ingesit.
Klippie...sterkte met die ER en ET...en ek spreek lewe uit oor jou baarmoeder...hou ons asb op hoogte oor hoeveel hulle teruggeplant het, sodat ons kan begin raai-raai speel oor een of twee of drie
Ankia, bly dit gaan so goed met jou en sussa....ek het Sondag ook so 'n lui-lekker dag gehad, DH en J het gaan visvang, so ek was heeldag alleen, het lekker tv gekyk en geslaap...mens het soms so iets nodig.
Cornel hoe gaan dit met jou? Mis regtig jou geselskap hier.
Morgan...sien julle ry vandag see toe...geniet dit...is lekker jaloers!
Anje, bly om jou ook weer hier te sien

Jy moet bietjie fotos van Lianey kom opsit asb??
Pais, hoe gaan dit nou met jou en Rikus? Ek het gesien jy het gepost op 'n ander forum oor die BF, het jy al iets besluit? Onthou net, maak nie saak wat jy besluit, jy is 'n goeie mamma!!
Ansa, jy is lekker stil deesdae, wat is nuus in jou valley?
Nie veel nuus aan my kant nie...DH begin more weer te werk, so weereens nie veel van 'n naweek nie.
Wat is julle idees vir Vadersdag?