× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 4 months ago #183842 by klippie
Morgan, hier is my icing resep. Vat 'n halwe blok margarien (stork bake - ek dink 'n vol blok is 250g). Klits dit dat dit romerig is. Gooi 'n halwe pak icing sugar by ('n volp ak is500g) Klits dan tot dit romerig en sag is. Gooi dan 6 eetlepels kakako by en klit weer tot romerig. (jy kan minder kakako ingooi en later bysit na smaak).
Onthou om eers die koek te versier as dit koud is, anders smelt al die icing in die koek in.

Geluk met Carli se wen!

Stirkkie, wat gaan in jou lewe aan? Jy's min deesdae! Bly om te sien Hexy is darem hier. Waar is Cornel?
Ankies, hoekom kry jy nog steeds MS? Jy's dan al so ver? Hoop jy voel gou beter!

Ek sukkel bietjie met gietergat vandag, so ek probeer om nie te snaaks te wees nie, want ek's bang as ek lag is dit in my broek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183768 by sexy~hexy
Hi julle

Ugh...ek het nou al sommer 'n hoofpyn van die klomp studente wat dink hulle weet als en as hulle iets vra moes dit al gedoen gewees het, het al vandag my skroef so gestrip vir hulle :angry:

Wil nou net huis toe gaan en gaan relax...

Jayden gaan heel goed aan...hy geniet die bussie ryery, as ons so deur die dorp ry sal hy se mamma hier het my bussie gery :) Hy praat nog nie so baie oor die nuwe skooltjie nie, ek vra hom elke dag wat het hulle gedoen, maar ek kan agterkom elke dag vertel hy meer. Vandag is nou veronderstel om hulle bak & brou dag te wees, so ek sal vanmiddag hoor wat het hulle gedoen...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183711 by Morgan
Haha klippie nou kan jy vanaand weer lekker slaap, het dit by die resep ingeskryf.

Ankia ek hou duim vas!! My DH kry van die maand af increase... nou kan ons weer bietjie asem haal. Dis nie veel nie maar elke bietjie help. Seker julle sal ook die extra gekdtjies kan gebruik vir Anrika

Julle ek dink ek gan so koek bak.... dit lyk maklik genoeg. Gan Klippie se resep vat.... wie het n lekker icing resep?

File Attachment:

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183697 by Strik*kie
More more

Hoe gaan dit met almal? Wonder hoekom als so stil is? :(

Morgan geluk met die wen!!! Hoop Carli is beter!

Shame ANkies, hoop die "george-roepery" is vinnig verby.

Hallo Hexy en almal verder!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183662 by Goggatjies
Goeie More

Whoo Morgan - ek is bly Carli het gewen.
Dankie dat jy geloer het na die kleertjies

Hexy hoe gaan dit met J by die nuwe skool, geniet hy die bussie ry.

Hehe Klippie

Gaan goed met my, het weer vir george geroep vanmore, maar ek is seker dit is oor slym in my keel, en nie omdat ek naar is nie.
Ek voel nie naar nie, dit is net as ek begin hoes oor my post nasal drip dan wil ek opgooi.

Julle moet styf duim vashou dat my man 'n promosie kry einde van die maand, dit gaan so baie help

lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183654 by klippie
More dames!

Sjoe, het gisstraand nie 'n oog toegemaak nie - so gestres oor die verkeerde reseppie! Wou my post "edit" sodat dit reg is, maar die site vat te lank!

So Morgan - sit 1 koppie margarien by en 2 t bakpoeier.

Hoop Carli voel beter!

Hallo al die ander mensies!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183639 by Morgan
O ja Carli se foto met die skilpad het toe gewen so ons gan lekker vir n photoshoot.... thanks vir die votes!!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account