Hi daar almal
Sjoe...dis hectic besig by die werk, en my baas is nie eens hier nie! Net sodra ek dink nou het ek iets op datum, kom daar weer klomp goed by....so jammer dat ek so stil is!
Ella...wow...en geluk! Jy gaan sien, dinge gebeur met 'n rede - asof jy dit nie weet nie - so dalk is hierdie skuif net wat julle nodig het, vir nou. Soos Marie se, wens dit was ons wat Kaap toe getrek het
Hi Marie...bly om jou ook weer hier te sien inloer...mis omtrent al die ou fairies, Morgan en Ansa leer darem gereeld in, maar het eeue laas van Gbaby gehoor en Anje, o ja en M2M het ook laas week ingeloer....
Jayden het vandag by sy nuwe skool begin, en met die bussie gery....my hart was so seer maar ek was so trots op hom. Hy verdien regtig 'n medalje, omdat daar al van so vroeg so baie van hom verwag word, en hy so BRAAF is!!! Kan nie wag om te hoor hoe was sy eerste dag nie
Verder nie veel nuus aan my kant nie...dis lekker om nie te weet op watse dag ek is, ek gaan nie eens tel nie, en dis lekker om ook nie 'n ticker te he....ek gaan more-middag dokter toe, die pyn in my linker skouer wil nie weg, en dis soos in fisies my ( . ) wat seer is...en ek soek happy pills...net sodat ek bietjie kan relax...kan voel ek is heavy gespanne