Hi daar almal
Ek is pootuit...dit was hectic besig hier die laaste 3 dae!!! Ek het nog nie eens vandag ge-eet nie!!!
Skuus ek was so skaars...ek probeer nou maar fokus op my werk, het mos nie eintlik meer rede om so baie te chat nie, met die dat ek eers gaan ophou TTC.
Halllooooooooo M2M

Julle beddegoed is pragtig, en sterkte met die nuwe besigheid!!
Klippie....bly om te hoor julle speel dit veilig...ek weet baie keer word mens op die pil gesit om 'n sist te laat krimp/verdwyn ook, maar die pil help ook om die eierstokke te "onderdruk" voor daar begin word om dit te stimuleer...so fxfxfx dat hierdie "break" die begin van jou BFP is
AF het vandag begin...ek het maar nog stilweg gehoop, omdat ek van Maandag af net gespot het...maar ja, dis nou realiteit. So TTC gaan nie nou eers aangaan nie...ek wil nou fokus op my gesin, op Jayden, want hierdie afgelope 7mde was ons almal deur baie. Ek sal nie die forum verlaat nie...ek loer wat almal se...maar nou weet julle dat my TTC paadjie ook vir eers on hold is...