PGD - preimplantation genetic diagnosis
Ek dink ons gaan dieselfde doen as laas. Daar is nie veel anders wat ons kan doen nie.
M2M, ek drink pille vir my lining, trust my, my lining is on par... kan dit nou definitief met AF voel!
Kyk, ek redeneer so, wat help dit ek ontstel my oor die hele ding, dit gaan my nie 'n baba bring nie (die huil nou).... die Here stap 'n pad met ons. Ek en ML het so gegroei die laaste jaar of wat met hierdie ongelooflike journey wat ons stap. Ek is nog nie een dag spyt nie. Dus is die baba ding 'n bysaak op die equation op die stadium.
Ja soms vang dit 'n mens, maar dis normaal. Ek dink nie ek hou my net braaf nie, as ek af voel, dan se ek vir my man en vriendinne om my, en ek doen iets om my beter te laat voel. 'n Koppie koffie en 'n lekker gesels doen gewoontlik die ding!
Elkeen van ons het struikelblokke in die lewe, elkeen sn is verskillend. Dis nie vir ons om te kies nie, dit is so vir ons uitgesit.
Dankie vir elkeen van julle wat altyd sulke mooi woorde teenoor my het. Baie lief vir my moomie maatjies!
x