Klippie, daar se jy dit, hoe langer ek by huis sit, hoe meer voel dit of ek tyd verloor met L. Ek hou styf duim vas vir jou en Slakster se IVF/IUI.
Shame Ansa, ek sou ook gehuil het.
Lalie, ek geniet die shop, ek oorweeg sterk om self baby expo toe te gaan. Ek voel ook bietjie beter om by dr te bly, maar Genisis klink soos ‘n droom.
Girls, julle kan maar gereeld sms, my foon is nou op silent, ek weet van niks. Morgs, jy ken my al te goed.
Ankies, ek hou styf duim vas vir ‘n dogtertjie vir julle !!
Morgs,hehehehe ag shame man, arme man, maar ten minste weet jy nou sou jy nou weer swanger raak, sal hy bitter bly wees.
AFM: Ok, ek is so bietjie deurmekaar, dr het gister gese ek moet Maandag in gaan hospitaal toe sodat hulle vir L ‘n rukkie kan monitor, vanoggend wonder ek of medies gaan dek, bel medies, hulle se ek moet ander magtiging nr kry, maar ek moet eers die kodes kry, in die proses om die regte kodes te kry, se die hospitaal admin dame vir my man, sy het my dr gebel en dr gaan Maandag besluit keiser of induksie en dus is ons dan gedek vir bevalling. So sal julle Maandag laat weet wat gebeur.
JUlle moet almal ‘n great naweek he.
PS: Ek het vandag my familie en skoonfamilie as joke laat weet L is hier, maar my familie het dadelik geweet dis ‘n joke en my skoonfamilie was glad nie impressed met my nie…..hehehe. Het oorweeg om dit op fb te doen, maar met skoonfamilie wat so vies geword het, het ek maar liewer gelos.