Hi julle almal!
Sjoe was lanklaas hier.
Ansa - weereens baie geluk met MJ! Hy's 'n pragtige seuntjie en ek's so bly hy was 100% gesond met geboorte - nogal op 35 weke! Haastige mannetjie
Klipster - how goes? Ek hou styf duime vas vir jou en Slakster se IVF in Mei - sjoe dis excitings stuff!
Ella - ek is so bly dat jy nou weer met behandeling begin het en ek het positiewe gedagtes en gebede saam jou die keer!! Hou my op hoogte van hoe dit gaan op email asb? Ek kry nie altyd lekker kans om in te log nie!
Ankies - whooooohoooo, more weet jy miskien of dit boetie of sussie is - my geldjies is op pienk!!! xxx Sms my as jy weet toeee??
Anje - lol - jy's glad nie selfsugtig nie. Ek voel nes jy - hou nie van ongenooide gaste nie! En L sal kom wanneer sy reg is so se vir die mense hulle moet jou ophou nag!
Res van julle halllloooo!!
AFM: Ek doen nog goed. My hormone is net haywire deesdae, ek's vreeslik kort van draad en dan tjank ek weer vir enige ding. Lyk my ek het die MS geskip maar die mannetjie van my gee my opdraende met die hormones lol. Ons gaan bietjie baby expo by Emperor's toe die naweek dan gaan ek shop shop en shop vir Cameron se kamer en ons gaan campcot en kar stoeltjie kry en gordyne ens. Ek moet so gou as moontlik maar alles doen want die naweek werkery begin nou weer van volgende naweek af so ek moet doen wat ek kan terwyl ek tyd het en ons nie op deadline oudits is nie!
Julle moet almal 'n lekker naweek he! Ek sal weer kom inval hier en daar sodra ek kans kry!
O en whoohoo - 21 weke vandag! Nog 4 maande om te gaan