× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 5 months ago #172127 by Lia
Hi dames

Hexy, ai sterkte met jou pa se boedelsake, ek het ligweg daarmee gewerk by my vorige werk en dit kan nogal ‘n lang uitgestrekte storie word. Geniet jou trippie in JHB.

Cornel, ek hoop jy word gou gesond, sal nou my detail vir jou stuur.

Ansa, ek het gewag vir jou storie. Dis amazing !! Jy het ‘n awesome dr. Hoe voel jy nou ? Enige pyn ? Welkom by die huis MJ !! Hy is pragtig.

Jooste, ons hou duim vas vir goeie nuus.

Ella, ek is baie opgewonde vir jou part en bid hard saam jou dat dit werk.

AFM: Dr is 100 % tevrede, sy stel darem nog nie induksie voor nie, maar ek hoop regtig nie dis nodig nie. Sy se plasenta is nog voldoende en daar is nog baie vrugwater. As L nog nie hier is nie, moet ek Maandag in hospitaal toe, sodat hulle vir L kan monitor vir ‘n rukkie en daarna het ek weer afspr die 8ste. Ek hoop maar sy kom vroeer. Ek moet se ek voel nog baie goed, dis net party aande wat ek sleg slaap.
Was bietjie vies vir ml dinsdag, ek wil nie mense nou om my he nie, maar ek het letterlik elke dag ongenooide gaste en toe nooi hy nog dinsdag my twee sussies ook en die besluit toe later om oor te slaap en is eers laat gister weg. As ek in kraam gaan, soek ek net my man by my, niemand anders nie – seker ‘n bietjie selfsugtig van my. Ek gee nie om vir kort kuiers nie, maar julle weet mens kry mos mense wat sit en sit en sit en dan is dit juis die mense wat jy nie gereeld kontak mee het nie en dan moet jy hulle nog hand en mond bedien, jammer ek pak so bietjie af, dit irriteer my. Het selfs ‘n vriendin wat elke dag ‘n briefie aan my gerig aan L sms om te kom – ek jok nie. Ok, klaar gekla nou, ek besef die mense is net opgewonde oor die nuwe baba.

PS: Ek se vandag vir my man, dis nogal snaaks dat my lyf eers nie die babas wou hou nie en nou wil my lyf nie laat gaan nie...lol.

Lekker dag vir julle.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #172108 by Ansa_S
Dankie julle, Ankia jy is reg, ek kan nie normaal gekraam het nie agv my plasenta wat onder le.

Ek het ook vandag gewonder, as ek so vinnig ontsluit het met volgens die sister nog ligte kontraksies of ek maklik sal kan kraam as ek nie plasenta probleme gehad het nie.

Julle girls moet net moed hou, my gemoed was verlede jaar die tyd baie laag, en nou sit ek met die mooiste, dierbaarste Geskenk van God.

Dit laat my net weereens opreg bid dat elke vrou wat die begeerte het om 'n ma te wees dit mag ervaar, want dit is AMAZING!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #172092 by ella~bella
Haha ja! Wat ons nie alles sal doen nie!

Soos een van my vriendinne se wat ook behandeling kry, as die kind eendag stout is, gaan sy hom 'n moerse pakslae gee, want hy is sommer net onredelik! Ek lag altyd lekker vir daai storie!

Morgan, dit help nie om upset te raak oor die dinge nie, niks wat ek doen kan dinge verander nie, so ek aanvaar dit. En dis meeste van die dae nie so bad nie! Maar bygese sommige dae voel soos die einde van die wereld.....

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #172088 by joo~ste
"O my word" Ella...!! Lag ek nou lekker vir jou dokter wat so met jou voor jou oop bene sit en gesels. Ha ha :laugh: Wat ons nie sal doen om 'n gesin te he nie!! (maar in die groot kosmos van alles is dit seker niks)

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #172079 by Morgan
Hello almal

Ella met so wonderlike posetiewe houding soos wat jy het kan jy nie anders as om n BFP te kry nie!! kan jou nie se hoe styf duim ek vashou nie!!

Ansa weereens geluk met jou op pragtige seuntjie!

Jooste hoop jou dae van bene vir die FS oopmaak is nou klaar... en dat jy net vir die hynie moet oopmaak sodat hy vir jou babatjie kan loer.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #172074 by ella~bella
Hallo julle!!!

Ansa, baie geluk! En dankie dat jy jou birth storie deel. Dit klink nogals exciting! Dis seker 'n vreemde gevoel as jy nie seker is of jy in kraam is of nie. MJ is te kostelik! Geniet elke oomblik.

Ek het dit voorheen al gese, maar julle wat nou gekraam het, verlede jaar die tyd was julle gemoed maar laag gewees, en hier sit julle elkeen met 'n baba! Dit is sooooo special! Ek is baie bly vir elkeen van julle, en hoe meer van julle babas kry, hoe groter die kans vir ons wat nog ttc!

Cornel, hoop jy voel gou beter. Rus maar genoeg.

Hexy, geniet die rolbal en Jburg... ek gaan volgende week bietjie Pretoria verby wildtuin toe, dan gaan ek my shopping inwerk!

Jooste, how goes girl? Lyk my jy is goed op dreef. Ek second jou met die pantie wat afval, my bene gaan nou outomaties oop by die FS! Sjoe dis nie vir die skaam girls nie! En die ergste van als, toe ek vir terugplasing gegaan het, sit hy op n stoeltjie, sy oe in line met my toekoms... en dan gesels hy tog te lekker hier oor die kombersie oor my kniee! Nee kyk, jy kan maar net 'n blind eye draai!

Ankia! Bly jou internet is nou weer reg. Dis baie stil sonder jou....

Driekie, Strikkie. Klippie en die res... sien ek kan nie eers onthou nie! Hallo julle beautiful mense!

AFM: vandag offisieel begin met behandeling. CD20 - Lucrin gespuit vanoggend. Dit het nogals gebrand. Maar nou ja, dis deel van die proses. Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie! Voel soos gister wat ek my BFN gehad het... Kersdag! Ons is nou al kwart deur die jaar! Unbelievable!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago - 15 years 5 months ago #172071 by joo~ste
Dankie Ankia-
Gelukkig het dit toe 'n mooi einde en is die knapie perdfris en gesond

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account