More almal
Anje...jy lyk stunning op 40 weke!!! En laat weet ons wat se die dr vandag...dalk is jy al ontsluit as jy haar gaan sien
Hoe gaan dit met almal?
Ek is vandag net tot 13h00 by die werk, daarna het ons HR 'n spanbou sessie, en gaan ek bietjie leer rolbal speel. Dit sal lekker wees, maar ai, van 14h00 tot 19h00 is lank. Ek het darem gereel dat ek 17h00 loop, want DH werk nagskof en ek moet vir Jayden by die dagmoeder gaan haal. Dan na my ma toe, want daar is mense van die hengelklub wat iets aan haar wil oorhandig en ek moet ook daar wees. En tussen alles deur moet daar nog gepak word, want ons ry mos more Jhb toe

So much to do, so little time!!
Jooste.....hoe lyk jou temps??? As ek aan my ( . ) ( . ) vat is hulle nie seer nie, maar as ek so stil sit dan voel ek hulle, amper soos klein steekpyntjies. Maar ek dink darem nie te veel aan die 2WW nie, my gedagtes is op ander plekke, want ons sukkel nogsteeds om vir my ma geld erens te kry na my pa se dood, daar het nog niks uitbetaal nie. So my aande bestaan uit vorms invul vir my ma en my dag waar ek mense bel en opvolg SUG. Ek kom nie eens by my vriendinne uit wat al gekraam het nie
Anyhoo...lekker daggie vir almal!