Hexy:
Hoe voel jy betreffende jou siklus. Ek het nog geen simptome nie...ha ha...ja ek weet...ek is hopeloos te vroeg met 5DPO!!! (Maar...ek kan dit nie help om te probeer verbeel of ek nie dalk iets voel nie).
Ja, Micway was (soos ek kon aflei) swanger met meer as 2, maar sy word nog so soort van behandel vir 'n ektopiese swangerskap. Sy het nog nie teruggekom om vir ons te se nie, maar sy praat van dat die 2-ling okay is. So...of dit 'n 3-ling was en of dit meer as 3 was...dit kon ons nog nie bevestig nie. Sy was mos vir 'n IUI...so dai meds het bitterlik goed vir haar gewerk. Ek het baie aan jou gedink die dag toe sy aankondig dat daar 2 is. Ek kan myself nie eens indink hoe jou hart moes klop toe jy dit lees nie. Sterkte vriendin!
Anje:
Sjoe...jy kan seker nou nie meer wag nie!! Oor die 40 weke al....mensig...wat weeg kleinding nou al?
AFM
My post-O temps lyk sover nog goed. Ek hou duimvas dit bly so vir die volgende 9 maande.