× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 months ago #166059 by Ansa_S
More almal,

Elrike weereens geluk!

Al julle ander wat nog nie swanger is nie, ek het gisteraande weer spesiaal vir julle gebid.

Sjoe ek het gister groot geskrik!!! Het buite toe gegaan om tuinslang te skuif voor ek dorp toe ry, en toe ek omdraai trap ek in 'n gat waar die modder te nat is en toe val ek. Gelukkig op my knie en toe val ek oor op my sy!

Het ongelooflik geskrik, dadelik my voete gaan was en op die bed gaan le en huil. Gewag vir MJ om te beweeg en toe van skok aan die slaap geraak, en wakker geword van die klein rakker wat woel in my maag.

Was so dankbaar, en sit darem net met 'n vrek seer knie! Nou waardeer ek weer elke liewe beweging!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166050 by Goggatjies
Goeie More

Hexy, ek drink al vandat ek William gehad het, pregnaVitM, maar ek drink ook calsuim en Magnesuim en 'n Vit B kompleks daarby.

Hexy, se vir jou vriendin en Nel se skoonsus geluk - whoohoo dogtertjies
Nog net 2 slapies na my scan toe

Verder gaan dit goed, het nie te veel werk nie, maar gaan darem vandag besiger wees as gister

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166048 by Strik*kie
Hallo julle

Elrike, baie baie geluk jong, hoop jy het H&H preggies :woohoo:

Hexy, hou net moed jong, ons ander sal daar kom. :)

Hi Ankia, Aletta en almal verder.

Gaan nou eers bietjie werk, moet vandag al my goed op datum kry, kom net more vinnig in en dan..........week vakansie :woohoo:
More gaan ek gou vir my 7dpo - prog toets - so sal sien wat se dr maar ek dink dit gaan swak maand wees ~ my temps bly baie laag, so weet nie WTH aan die gang is nie.

Lekker daggie almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166040 by Aletta1
Goeie more Heksie,

Hou moed, jy is nie alleen nie!! Ek sal vanaand kyk wat die naam van die goed is wat ek elke dag drink en jou laat weet!

Sterkte!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166038 by Aletta1
Hi,

Elrike, jy is 'n baie gelukkige vrou. Geniet elke oomblik daarvan. En sterkte vir die dingetjies wat jy nou moet deur gaan. Ek lees van die vroue sukkel ongelooflik met die moegheid en naarheid. Maar dit is die moeite werd!!

Lekker dag verder

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166010 by elrike02
Hi julle,
Hexy - ek hoop regtig dat hy gou sal swanger word!!! Geluk met jou vriendin se baba en Nelria se skoonsus se baba. Dogtertjies - Ag jitte... ek hoop maar ek kry ook 'n dogtertjie, maar my voorgevoel se vir my die is ook 'n seuntjie...!!! Maak eintlik nie saak nie solank hulle net gesond is!!!

My man toon nie regtig emosie nie - ek het hom juis aangevat, want dit voel of hy nie juis opgewonde oor die storie is nie....

Julle moet almal 'n fantastiese dag he!! Gesels later! Het weer Moms and Tots vanoggend!

Toodles!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166007 by sexy~hexy
More almal

Weereens geluk met jou BFP Elrike...wat se manlief?

Hallo aan al die ander....hallo Skapie :)

Nelria se skoonsus se baba is Vrydag gebore, en my vriendin se baba is gisteraand gebore...altwee dogtertjies. En my hart brand self om ook swanger te word, en dat dit 'n dogtertjie sal wees....

Op cd29 vandag...laas maand was my siklus 28 dae. Het nog AF pyne, so sal maar sien wat maak my siklus die maand.

Wie van julle kan 'n goeie multi- vitamien aanbeveel, wat julle kan voel regtig werk?

Lekker daggie...gesels later weer.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account