× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 months ago #162800 by klippie
O ja, weet een van julle van iemand in Pretoria wat Trou-Albums maak? Ek het nog nie 'n trou-album nie. Al my foto's is digitaal en ek het 'n paar regte foto's ook, maar ek soek iemand wat dit vir my mooi in 'n album kan sit. Ek het nie tyd of geduld of talent nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162797 by klippie
Het iemand weer iets van Hexy gehoor? Ek het op FB probeer kyk, maar kan nie agterkom wanneer die begrafnis is nie? Weet iemand wat gebeur het? Soos wat ek kan aflei het dit baie skielik gebeur en ek dink Hexy is in totale skok! Ek kan my net indink hoe chaos dit by haar moet wees.....Ankia - as jy haar sms sê asseblief ons almal dink aan haar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162795 by klippie
Koeweee!

Beertjie & Ansa - lekker om julle weer hier te sien. Julle tye is nogal naby aan mekaar! Assemblieftog laat julle babatjies kom voor ek op vakansie gaan - voor 19 April asseblief!

Hallo Ankia & Strikkie en Aletta en al die ander!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago - 15 years 6 months ago #162779 by Goggatjies
beertjie ek gaan vir scan die 12 Maart ek sal dan amper-amper 13 weke is.
Ek sal vra dat sy loer, maar ek is so bang sy kan nog nie lekker sien nie en dan se sy verkeed

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162773 by Beertjie
Ek sien so uit na my ooievaarstee, want ek kort nog al die klein goedjies en bad goedjies so ek sal graag wil sien wat kry ek.. Het darm 'n borspomp by my ma gekry, waaroor ek baie dankbaar is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162772 by Ansa_S
Beertjie ek weet van vrouens wat dit baie seer was met induksie en ander wat weer vinnig gekraam het met induksie.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162767 by Beertjie
Wat dink julle van induksie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account