× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #160961 by Goggatjies
Goeie More

Ek was so bekommerd oor ou Driexter, ek sms haar sommer om te hoor of kleinboet nog sit. Ek is bly jy is nog aan die gang en wag nog.

Ansa, vomifene werk vir my, dit werk dadelik as ek dit drink.

Driexter, ek dink ook dit is 'n ou seuntjie, en ek het nou vrede gemaak daarmee.

Chanz baie welkom, Paisley het nou in January haar baba gehad en hy is haar spesiale IUI baba, haar IUI het die tweede keer gewerk.

Dan het ons vir Laliek wat nou swanger is, sy het 3 IUI gehad en dit het nie gewerk nie, maar net die maand na haar 3de IUI het sy self swanger geword.

Julle moet 'n lekker daggie he

Geniet

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160946 by Driekie
MORE MORE MORE ALMAL!!!!

BABATJIE-STOFFIES VIR ALMAL HIER WAT WAAR OKAL OP HULLE PAADJIE STAAN EN EK BID REGTIG DAT JOU WILDSTE DROME SOMMER GOU BEWAARHEID SAL WORD!!!!!

Skuus ek is so baie mia julle - ek probeer om al die los drade by die werk vas te maak dat ek so min tyd moontlik by die werk hoef te spandeer wanner Eoin hier is.Ek het so 4 mense wat my nou al lank geld skuld en ek spook bietjie om dit uit hulle te kry..
En van gister af het ek so n steekpyn iets onder my ribbes en dis nogals seer om te hoes, lag of diep asem te haal

Welkom Chanz!!!
Elrike - the hairs lyk stunning - dra myne al jaaaare kort en is mal daaroor!
Ankies - hehehe - ek dink sodra jy by so 12/13weke kom sal die narerigheid beter raak...snaaks ek dink dis seuntjie wat jy het..
Tienks - ek wil vir jou soooooo baie dankie se vir die baba-goedjies, dis sooooooo oulik en mooi!!!
Hexy - sterkte met die medies en die tandjies vir klein J!
Anje - ek sien jy wikkel en werskaf net so, baie sterkte!!
Ansa - geniet jou scan en 4d vandag!!!!
Marie - wil net weer se baie geluk met klein Marinus en sjoe maar dis darem maar n mooi seuntjie daai!!!Handsome nes boetie!!!
Morgs - geniet die stilte met poplap wat doedoes - daai tye raak al minder hoe groter hulle raak!!!
Ella - wow!!Dis awesome!!!!!!!!!Om so bevestiging te kry is iets onbeskryflik!!!
Strikkels - nes jy se dit kan die B6 wees, met my ok gebeur, hou net aan en hou moed!!

Sjoegies en nou kan ek nie verder onthou nie

Gan verder baie goed hier, boetie klou nog al die pad is van gister af baaaie rustiger - dink ek raak nou ongeduldig!Klein Markus ok want elke dag praat hy met boetie en se hy moet nou uit die gaatjie (dis nou my naeltjie) klim en dan poke hy my naeltjie so, en as iemand vra wanner boetie kom dan se hy "Maandag 8uur"
Scan se due-date wys 21Maart, My due-date volgens siklus wys 16Maart so ek maak reg vir enige dag van 9Maart af

Anyhoe - chat nou nou weer, net gou werkies doen...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160940 by marie r
Hallo girls

Hoe gaan dit met almal hier? Jammer ek's so mia, maar ek probeer nou eers weer 'n roetine vestig & moet nou weer gewoond raak aan alles.

Wel dit gaan baie goed met my en Marinus. Hy was mos die naweek in die hospitaal vir geelsug. Het vir 24 uur onder die lig gelê. Gelukkig het ons Sondagmiddag uitgekom. Hy's nog steeds bietjie geelerig, so hy tan nou so bietjie elke dag. Verder is hy rerig 'n engeltjie. Hy's so rustif. Hoop dit bly so. Hy het nou al vir 2 aande 8uur gaan slaap en eers 2 uur wakker geword vir sy volgende voeding. Dan voed ek hom en dan slaap hy weer tot 6 uur. Hoop dit bly sy roetine

Eduan is so oulik met hom, ek kan dit nie eintlik glo nie. As sy boetie huil, dan storm hy om te kyk wat aangaan. Hy wil hom gereeld vashou en die dummy vir hom gee. As hy iewers heen gaan of in die aand gaan slaap dan moet hy ook eers vir sy boetie 'n soentjie gee. Hy gee tot vir sy boetie van sy speelgoed al om mee te speel...

Ek sal bietjie kyk dat ek een of ander tyd my "birth story" vir julle kan post.

Lekker dag vir almal en ek mis die chat's, maar op die stadium gaan dit bietjie dol.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160934 by Chanz
Goeiemore Dames

Wel julle almal klink so oulik. Dis my eerste keer om hier te post.

Was enige iemand hier al vir IUI en dit was 'n sukses?

Ons gaan more weer vir 'n scan om te sien hoe lyk my follies en as als reg lyk dan doen die FS die IUI op Sondag of Maandag. Nogal baie opgewonde.
En ons bere onself vir 'n moontlike tweeling. Maar ek het vir myself gese die keer toets ek myself eers 3weke na die IUI. Dit kan nogal emosioneel raak na 2 jaar van sukkel.

Ek moet gaan ... lekker dag vir julle almal ;)

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]
TTC for just over 2 years 2009-2011 Male & Female Infertility
PCOS and IR diagnosed in 2010 put on glucophage
No BFP after 6 months
2010- one MC (nature took it's course) :( One more angel in heaven :)
First FS appointment Jan 2011, PCOS confirmed to be extremely severe. No ovulation and hormones completely imbalanced.
Jan 2011-first medicated cycle with normal intercourse = BFN
Feb 2011-...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160907 by Ansa_S
Ella wat 'n amazing storie! Ek weet dat God jul op een of ander manier sal seen met 'n kind! Strikkie vir jou en Cornel ook en Hexy jy gaan ook weer 'n baba van jou eie vashou!

Ankia die vormifene weet ek nie so lekker of dit vir my gewerk het nie!

Elrike jou hare is mooi, het ook vandag gesny maar nie te kort nie want ek wil dit weer laat groei, manlief se nee ek het my kans op lang hare gehad! Maar sy holla ek gaan laat groei!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160868 by Goggatjies
Wow elrike - lekker kort

Morgan, bly julle het die dag geniet

Lekker aand, ek gaan ook nou groet
Gelukkig is more al Donderdag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160840 by Morgan
Hello julle

Is terug en carli is some uitgepass.

WOW ella, ek het skoon hoendervleis! dit is awesome awesome awesome!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account