× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #160747 by Goggatjies
wow ella, met preggie hormone en al sit ek nou en huil
Dit is ongelooflik

Hallo strikkels - hoe gaan dit met jou?
Hier gaan dit goed, werk is weer rustig vandag en kan weer bietjie asemhaal

Hexy, ek is bly jy kon met die medies praat. Ons medies dek alles wat in die hospitaal gebeur, en dan sal hulle net vir tande goed betaal as die kinder onder 6 is, as hy bo ses is kom dit uit ons savings account uit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160737 by Strik*kie
Ella, dis wonderlik om so te voel, dit gaan gebeur, julle moes nou met 'n doel daardie boodskap kry. WOW!! Ek gaan verseker jou "space" dophou. Sjoe.....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160733 by ella~bella
Strikkie, ek het Saterdagaand toe ons in die bed le vir DH gese hy moet elke aand sy hande op my maag sit en bid vir ons baba. Sondag by die diens is die hoof pastoor van Potch by ons gemeente gewees om die pastoor couple in te seen. So gedurende die diens het hy gese hy gaan nou bid vir swangerskap en vra dat die mans hulle hande op hulle vrouens se maag sit terwyl hy bid... obviously nou net daai wat wil swanger raak!

Na die diens het hy gevra dat die couples wat wil he hy moet vir hulle bid, moet agter bly, ons besluit toe om te bly. Ek was baie emosioneel gewees en het vreeslik gehuil. Een van die ooms in die gemeente wat profiseer het agter op 'n koevert geskryf en vir DH gegee om vir my te lees. Hy het gese dat die Here sien die gemis in ons lewe en dat die tyd nou is. Ek was so rustig na ek dit gelees het. Die pastoor het toe gekom en vir ons gebid. Hy het almal eers gevra vir hoeveel kinders, ons het gese twee, hy het gese hy sien drie!

Vanoggend het ek die oom gesien, en ek het vir hom dankie gese vir sy boodskap, en hy het vir my gese dit was eintlik meer op DH gemik dat daar lewe moet kom vir dit wat moet lewe! Net nog 'n bewys dat ons gaan swanger raak!

Ek voel werklik so geseend!

Watch this space!!!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160729 by sexy~hexy
Ok...het die medies gebel en gelukkig by 'n Afrikaanssprekende dame uitgekom wat als mooi verduidelik het. Ek stem nog nie 100% saam nie, ek voel mens kry elke jaar 'n limiet, dis mos nou nie asof Jayden elke jaar vir tande onder narkose gaan gaan nie...maar nou ja....het die magtiging gekry so volgende Donderdag is dit sulke tyd.

Ek stem Ansa...ek mis ook die dae wat mens nie kon byhou soos wat almal gesels het. Ek weet baie het nou al hulle babas gehad, maar dit voel ook sodra iemand swanger word, verlaat hulle ons *cry* :) Nie dat ons kwaad is nie hoor!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160726 by Strik*kie
Hi Ella, vertel bietjie meer? Ek hou van inspirerende goed, help mens nogal baie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160722 by ella~bella
Hallo almal!

Jammer ek is so stil.... ek is mos maar nie die grootste geselser nie!

Dit gaan heel goed die kant, geen klagtes.

Ek het Sondag 'n spesiale gebeurtenis gehad, net weer 'n bevestiging dat ons gaan swanger raak.... met of sonder behandeling! Ek voel so ryklik geseend!

Ankia, dis interessant oor toets.... laat weet as jy uitvind!

Strikkie, how goes?

Hexy, sterkte met J se tande. Shame, dit moet nogals hectic wees vir hulle om nie presies te verstaan wat aangaan nie. Ek hoop jy sort die medies uit!

Cornel, nie meer lank nie! Ja man, die weer gaan perfek wees! Jy sal sien! Dan kom jy terug met 'n lekker tan!

Morgan, klink of julle lekker vakansie hou! Geniet dit!

Hallo Ansa!!! Sjoe ek kan nie glo jo utyd is om die draai nie!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160704 by Strik*kie
Hexy, dis wat my so vies maak met die medies. Hulle het gisteraand hoeka op Robinson Regstreeks gepraat met mense wat medies nie sekere goed wil betaal nie. Kyk net bietjie daar is heruitsendings deur die week.

Ja Ansa, lyk my almal is so besig met hulle eie goed, Dis eintlik sad!! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account