Aag G, dis so lekker, geniet jou slaap hoor. Kan dink jy sien uit na die nuwe vertrekke. Jy kan nou seker dekor so lank begin beplan.
Ankia, baie vloeistof en baie rus is die beste medisyne. Pas jouself mooi op. Hehe, so as jy dink dis ‘n boeta, dan hoop ek vir jou part dis ‘n boeta. Wil jy voor die tyd uitvind of gaan jy wag tot hy / sy gebore is ?
Cornel, sjoe jou vakansie is nou naby, kan dink jy is baie opgewonde.
Klippie, dis uitstekende nuus !!! Ek is regtig bly vir julle. Ek bid hard dat julle eerste IVF werk !! Nou nie meer so lank nie. En jy en Ella gaan dan saam IVF – Awesomeness !!
Drix, ek hou van hoe jy se jy het “per ongeluk” aan die slaap geraak toe jy by die huis kom. Hehe, met my gebeur dit gereeld die laaste tyd, dit is per ongeluk. En whooooohoooo, dit is uitstekende nuus van jou skoonsus, hoop dit gaan goed met die huis vergadering, klink my jy gaan jou hande vol he, maar dis goeie nuus. Skies ek het iewers gemis van jou skoonpa, hoekom is hy in ‘n kliniek ? Sterkte vir jou skoonma, hoop julle kan iets doen vir haar. En die kraamverlof reeling klink uitstekend, ek is bly vir jou. Sien uit na jou nuus van die gynae maandag. Jy het ‘n pragtige boep !!
Ansa, ek ken daai skoppies, L skop nou styf na links van my pens en dan druk die boudtjies styf vas regs. Dit maak klip harde knoppe en jy kan maar aan daaraan druk, sy trek net terug en skop weer styf. Nogal lekker. O, en raak gewoond aan in jou PJ’s rondloop, ek hoor dis die norm as baba eers gebore is. Jy moet vir ons kom phodies post van MJ se gordyne hoor.
Elrike, ai dis sleg van jou vriendin man. Ek weet Clomid kan ook deurmekaar emosies veroorsaak. Sterkte.
SH, jong pas jouself mooi op. Skies man, ek weet ek is skaars deesdae, maar ons is skielik net besig en die dae wat ek nie besig is nie, is ek net moeg. Ek dink dis maar hoe dit gaan met die ander girls ook.
Morgs, lekker om van jou te hoor, maar jammer oor Carli, hoop sy word gou beter. Bly julle geniet nog jul vakansie.