× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #158342 by Ansa_S
Sjoe Driekie jou tyd is ook nou naby, nou begin die baba's in te rol!!!!!!!!!!!!!

Kan nie wag vir my tyd nie, nog net 8 weke whooooohaaaaaa

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158341 by Driekie
HEHEHEHE KLIPPERTJIES!!!
Gelukkig was die eeeeeeuw die moeite werd!!WHOOOHOOO - en dis n cool jaar vir baba he ok!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158337 by Kinderelomelo
Driekie, Dit is fantastiese nuus. Ek bid net verder dat hulle met die regte harte die kleinding sal grootmaak en liefhe en dat die Here hulle 'n passie vir hulle kleinding sal gee.

Oor die :x :x wel, dis nie aldag so maklik nie, my 5 jare oue dogter "Sleepwalk" dikwels deur die nag en partykeer vang sy ons bietjie onkant jong. Valentyns wat 'n uitsondering, dit het so mooi gegaan, nie 'n worry nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158335 by Driekie
En dan - oi my skoonpa se drie-weke by die kliniek eindig volgende week Vrydag,maar n familie-lid moet saam met hom n seminaar ens bywoon voor hy gerelease word...nou het dit op my man geval....enigste thing..ek is dan 37 en n half weke swanger..so ons sal nog n plan hieroor maak....
Maar ek hoop en bid en weet dinge sal uitwerk en dat dit die moeite werd was dat skoonpa na die kliniek toe gegaan het!

En vir skoonma het ons nou haar-samples ens vir n homeopaat gekry wat nou gan toets en kyk of daar iets is wat ons kan doen vir haar..

En Laaste.....dit gan sommer baie goed met my en my meneertjies!Markus raak al ouliker by die dag en wil nou net sy boeta he..en klein Eoin dink ek maak reg vir sy arrival - hy raak nou rustiger en my maag lyk of dit beginne planne maak om te sak..
My "kraamwerk" is ok gesort - ek kom in die oggende vir die uur en n half in wanner die trok afgelaai word en dan gan ek huistoe waar ek net elke nou en dan my e-mail moet check (vir dit kry ek n 3g kaart) en ek word vol betaal...so ek is in ekstase daaroor!!
Nou wag ek net vir my dok.afspraak Maandag om te sien of keiser of normaal my voorland is....YEEEEEEHAAAAAAA

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158334 by Ansa_S
Sjoe Driekie dis die beste nuus ooit.

Net gisteraand toe ek in die bad sit se ek vir my man, as 'n mens een keer swanger was en jy weet hoe dit voel as die baba so lekker beweeg in jou maag, om dan met 'n volgende baba te besluit op aanneming of aborsie, moet daar regtig vir daardie vrou voel of daar geen ander uitweg is nie.

Want dit is verseker die wonderlikste gevoel, daardie lewe binne jou! En ek se nou vir julle hoe kwaad mens se familie mens ook kan maak, hulle ondersteuning moet mens nooit onderskat nie.

En my tannie se altyd, elke baba word met sy eie beursie gebore, mens weet nie aldag waar gaan die geld vandaan kom nie, maar as jy weer sien is daar 'n uitkoms.

Ek sien dit nou al, hierdie elke 4 weke Pretoria toe ry vir ginekoloog en al die babagoed wat mens moet koop, kan party maande dit hier teen die einde skraps raak, maar as jy jou oe uitvee dan is daar een of ander uitkoms!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158332 by Goggatjies
Wow - ongelooflik Driexter.
Die Heer is goed en hy sal vir hulle sorg, net 'n bewys dat hierdie kindjie moes lewe.
WWWWWWWWWWOOOOOOOOOWWWWWWWWWWW

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #158331 by ella~bella
Driekie, dit is wonderlike nuus!!! Ek is bly die familie staan in om te help!!! Hulle gaan oor 'n paar jaar terugkyk en baie bly wees oor hulle besluit!!!

x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account