× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #158360 by Driekie
Hehehehe - Ella - klink na n plan!Hyt gese hy wil kyk om te hoor dat sy broer en ons een vriend wat hom deurgevat het dit doen want hy voel dis te na aan my tyd..maar ek het hom gese dit sal oke wees..ek dink my datum is eers hier na die 9de Maart rond

O ja ek wou nog skuus vra dat ek so mia was Maandag en gister....klein meneer Markus het saam my kom werk...en hy is ongelooflik besig!!

Ons het toe n lekker valentine/huweliks-herdenking gehad Saterdag, net na die krieket toe praat hulle so bietjie en toe hoor my man hy is nou vir die laaste 3 wedstryde die seisoen en dan van daar af verder die nuwe kaptein van sy krieketspan!!
Ons het toe huistoe gekom en na ons lekker geshower het ens het hy my uitgevat vir Sushi-platters by Ocean Basket - WOW en was dit nou lekker en dit was nie eers n prob om nie n babysitter te gehad het nie....hehehehe!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158358 by Strik*kie
Ankies jy moet mooi na jouself kyk, my dh het al vir amper 4 weke so verkoue wat net nie erger word of beter nie.
Gaan goed met my, net bedrywig by die werk, sorteer al laasweek se moeilikhede uit ;) ai toggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158356 by Goggatjies
hallo strik - hoe gaan dit met jou?
Gaan goed met my. Voel net bietjie toe, neus is toe en keel is besig om seer te raak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158353 by Ansa_S
Ja ek en Beertjie is so by mekaar!

MJ maak met tye sy beentjies so reguit en skop dan vas met altwee sy voetjies op een plek dan is dit so groot stokstywe knop op my maag, dis glad nie seer nie maar ongemaklik en as jy jou hand daarop sit dan kan jy die onderkant van sy voetjies voel!

OPVREETBAAR OULIK AL KLAAR!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158352 by Goggatjies
Driexter, dit klink of alles sommer so in plek val, ek hoop jou man kan vinnig soontoe ry en terug kom. Sal seker nie te lank wees nie.
Hy moet maar voet in die hoek sit, of vra dat jou pa hom eskort met die ambulans, dan kan hy nog vinniger by jou uitkom!!
Ek hoop Maandag se die dokter vir jou dat normaal reg is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158348 by Strik*kie
Hi julle

Driekie, ek is bly hulle het heroorweeg, sien die Here weet wanneer om in te gryp.

Klippie, eeeewwww, :lol: dis die een waarvoor ek die bangste is. Bly julle ht nou PVA!!

Hallo, Ankia, 2KM, Ansa, Hexy ... hoesit????

Marie baie baie geluk met M se geboorte :woohoo: mag hy vir julle net vreugde bring!!!!

Ok gaan nou weer bietjie werk, het nogals baie werk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158347 by Driekie
Dankie almal!!!!!Toe ek nou met haar en haar man praat is sy sommer in trane gewees!!!

Nou sien ek net weer net sodra jy dink nee wat nou is dit koebaai meraai dan kom die Here en wys jou n moewiese spotlight met die uitkoms in NEON!!!!!!!!

Hehe - die babas gan nou inrol - ek dink dis Karin hier by 7-9Maart, n week later is dit my beurt, nog n week of so later Anje en dan Ansa is dit jy en Beertjie mos so saam-saam en Hlise dink ek is net voor of net na julle en ek bly dink ek vergeet iemand....

Ek weet hier op my dorp is daar iemand in my kerk wat 2dae voor my is...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account