× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #158330 by Ansa_S
More almal,

Eerstens - Kriek, my hart bloei so ongelooflik vir jou, maar ek kan sommer hoor aan jou dat jou gesindheid reg is om te fokus op dit wat jy nou het en nie op dit wat mens nie het nie. Daar gaan nog moeilike dae kom, maar weet net met GOd aan jou kant kan dit net beter gaan. Glo ook die ginekoloog is op jou pad gestuur, en mens se eerste reaksie is om nie weer te probeer nie, maar soos wat die seer ligter raak, word mens se moed meer.

Ek het ook met hierdie baba toe ek so ongelooflik gebloei het gese, as iets nou met hierdie swangerskap gebeur is ek klaar, dan gaan ek kindloos deur die lewe en die volgende week toe dit beter gaan en ek weer effens bloei maar die hartjie klop het ek gese hierdie is die eerste en die laaste kind, net om 'n paar weke later weer anders te voel. So volpunte vir jou ginekoloog wat jou nie dadelik op die pil gesit het nie!

Klippie IVF baba hier kom ons!!!!!!!!!!!!

Al die ander hallooo

O ja en Marie, baie baie geluk. Sy het 'n foto vir my gesms van ouboet met baba. Het nie 'n foonkabel nie ander sou ek dit vir julle opgesit het , maar ek is seker sy sal eerder self 'n fotot van die nuwe boeta opsit!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158328 by Cornel
AI DIE LIEWE HEER IS NET GOED VIR 'N MENS!!!!!!!!!!!!!!!!!ek sit en snik nou sommer hier............

DANKIE LIEWE HEER DAT U HIERDIE SAAK SO LAAT UITDRAAI HET!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Driekie dis die beste nuus nog ooit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158326 by ella~bella
Hallo almal!

Marie, baie geluk met Marinus se geboorte!!! Hy is omtrent 'n bulletjie!!

Kriek, ek dink aan jou....

Klippie, baie bly dit het goed gegaan met jou FS afspraak! Julle is slim om eers lekker holiday te gaan hou!

Hallo al die ander!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158325 by Driekie
My skoonsussie hulle het my gebel vanoggend uit die bloute..na ons vandat sy my gese het oor die aborsie nog nie weer oor dit gepraat het nie....

HULLE GAAN DIE BABA HOU!!!!!!!!!!!!!
Sy was vanoggend by die gynae want hulle wou reelings tref oor die aborsie en toe se die gynae vir hulle dat sy vandag 13weke en 4dae swanger is en dat hulle nie aborsies lokaal in ons dorp na 12weke kan doen nie.....so nou beteken dit hulle sal na n ander groter sentra moet gaan en al die verblyf petrol en en en en moet hanteer en dan gaan die aborsie self n reuse som geld kos....
Nou my skoonpa sou dit vir hulle betaal het.....

Maar hulle kan netsowel die geld gebruik om eerder die baba te hou en self groot te maak....so ons het vanaand "familie-vergadering" want hulle het ons gevra of ons sal kan help nie soseer geldelik nie maar met al die emosionele issues en dinge waarmee dit gepaard gaan...en blykbaar gan my skoonpa-le bydra en help met die finansies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158319 by Goggatjies
Klippie - ek is so bly jou FS afspraak het so goed gegaan.
En whoohoo oor die IVF, hier kom die baba's nou

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158311 by Driekie
HALLLLOOOOOO JULLLEEE!!!!!!!!!!!!

AWESOMENESSSSSSS!!!!!!!!!!!!Ons het die beste beste PA in die hele wereld!!!!!!!

2km - ek soek jou geheime van :X :X met kids in die huis!!!Genuine - klink of julle valentines nogals heel nice was!!
Hexy - ek sooooo bly jou afspraak was goeie nuus - nou gan ek dit se I TOLD YOU SO!! Sjoe - een van die mooie dae vriendin!!!
Charlaine - baie baie geluk met jou doop - ek is baie bly dit was vir jou so n spesiale ervaring soos jy gehoop het!!
Anje - jy het die mooiste baby-shower pics en daai outfits lyk super-cute!!
Kriek - ek het jou storie gevolg, my hartjie gan regtig uit na jou toe - weet jy wat ons gan jou/julle hierdeur bid soos met die ander ding waaroor ek nou gan post...
Marie - baie baie geluk met klein Marinus se geboorte!!!Sorry oor ek so laat ge-sms het - ek het per ongeluk aan die slaap geraak net toe ek by die huis kom en eers weer daai tyd wakker geskrik :blush:
GB - cool - ek like dit ok om spasie by te kry!!!HEHE - ek is n pack-rat!Post ons n fotie van DeNys met sy 2 tanne - aggetoe!!??
Cornel - hi - skuus man maar my simpel foon willie lat ek terug-sms nie,maaaaaaar......lees gou hieronder.....
Anks - daai fotos van julle week-end is so mooi - lyk of dit hemels was!!!
Strik - hmmmmm OPK'S...jys op die regte pad my dear!!!!Jy moet nou net weer so gereeld inloer dolla!!!!!

Jis en nou kan ek regtig niks meer onthou nie - so HAAAAAAI almal anders!!!

OKE en nou drumroll please.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #158306 by klippie
En hallo aan al die ander mense wat ek nou nie genoem het nie!

Lekker werk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account