× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #158007 by Strik*kie
Kriekie, ek kan weer net se ek is baie jammer vir julle! (((((drukkie)))))))))))

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157999 by Goggatjies
Kriek - vriendin, ek is ongelooflik baie jammer. Ek is bly jy kon by 'n gynie uitkom wat jou kon help en ondersteun. Ek weet dit is baie moeilik om te aanvaar, ek dink ongelooflik aan jou. Ek is net om die draai van jou as jy wil gaan koffie drink en chat

2km - dankie, ek en Petrus was altyd so wit blond toe ons klein was, dit kleur sal ook seker verander.

Charlaine, baie geluk met die doop. Wat 'n ervaring.

Ek gaan nou groet, ons praat weer more

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157992 by KarinM
:( Ag Kriek... ek sit in trane hier...ek is so jammer vir julle verlies. Mag jou hartjie gou weer heel word en ... as ek so braaf kan wees om dit te se... Mag julle nie heeltemal moed opgee nou nie... God gee ons wat ons wil he, net op Sy manier en ook, baie belangrik, op Sy Tyd... Dit gebeur dalk wanneer julle dit die minste verwag, dink weer daaroor en soos die gynie gese het, sien dan hoe julle voel. Sy (die dr) klink vir my ook soos 'n wonderlike mens... sy is dalk juis oor jou paadjie gestuur vir 'n rede.
Baie sterkte vir jou en jou man. XXXX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157990 by ella~bella
Kriek, jammer om te hoor.....

Jy sal weer swanger raak, hou net moed. Dan sal jy 'n gesonde swangerskap he! Jy sal sien! Glo en vertrou net ten volle in die Here!

Marie!!!! Bly dis vandag jou dag!!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157980 by ChaNa
Vir die van julle wat nog nie gehoor het nie ek is toe sondag aand gedoop. Was regtig 'n wonderlike ervaring.
My skoonouers en dh was teenwoordig en my skoonma is absoluut die beste in die hele wereld. Sy was elke minuut saam met my deur die ding en het my soooo ondersteun en kalm gehou.
Beter kan mens nie kry nie.

Marie boeta is amper hier kani wag nie.

Die res van julle, hoop julle het 'n wonderlike daggie verder, ek gaan nou mooi opvang.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157979 by sexy~hexy
Hi Kriek

Ai vriendin...ek is regtig jammer om te hoor oor wat gebeur het, maar die feit dat jy dit verwag het maak dit darem so klein-klein bietjie beter. Ek is ook bly dat jy se as die swangerskap aangegaan het sou daar iets fout gewees het met die baba, dit is my hele redenasie ook oor my tweeling. Dit is hard en kru, maar ons as mens is ook deel van die natuur, en in die natuur gooi 'n koei haar kalf af as daar iets nie reg is nie. Ek hoop jy en DH kry berusting, en dat eendag, wanneer julle dit die minste verwag, jy 'n gesonde swangerskap sal ervaar. Soos jy is ek ook dankbaar vir my seuntjie wat ek het, ek dink in die moeilike tye dra hulle hulle mammas, hulle weet dit net nie....En soos Anje se, daar was 'n doel dat jy nie jou gynie in die hande kon kry nie, en by die een opgeeindig het...dat sy jou so mooi hanteer het...dis regtig min dat mens sulke gynies kry...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #157977 by ChaNa
Baie jammer om te hoor Kriek, Baie sterkte.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account